`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die innerlike verwante wese van Satana, Adam, Eva en Kain en die deling van Satana en haar verswakking.

(25 April 1843)

24 Onderweg het die Heer aan Kisehel gevra: “Nou, My geliefde Kisehel, jy het aanvanklik so menige bedenking oor die wese, ten opsigte van My, in jou hart laat opkom, wat sê jy nou oor hierdie verwekker van alle leuens en misleiding?

2. Wil jy ook nou nie enige geloof aan haar skenk en oorweeg of daar miskien tog nie hier of daar iets van waarheid in skuil in haar voorgaande betoog wat sy met haar drakebek aan julle drie alleen gerig het nie?

3. Sê My nou maar openlik wat jy op My baie belangrike vraag te sê het!”

4. Maar Kisehel het die Heer met `n berouvolle gemoed gevra om vergewing vir die vroeëre dwaasheid van sy hart. En eers toe die Heer hom volledig verseker het dat Hy hom al lankal alles vergewe het, begin hy sy mond te open en het eindelik na `n klein pouse gesê:

5. “O Heer, enigste heilige, goeie, mees liefdevolle Vader! Wat die klinkklare en voor die hand liggende leuens van dié, vir my nagenoeg naamlose wese betref, dit sien ek nou so duidelik as die helder skynende son, wat nou nog taamlik hoog bokant die avondlike horison staan en ek betwyfel selfs ook die woorde uit die mond van dié wese, wie dit teenoor U gespreek het en as volledig waar bestempel.

6. Want ek het baie goed gemerk hoe sy haarself, waar moontlik, haarself bejammer het en steeds die skuld soveel moontlik heimlik op U geplaas het. Daarom kon ek my ook `n paar keer nouliks bedwing om net vinnig die teenbewys dwars op hierdie mooiste leuenares se mond te plaas, met hierdie magtige stok wat U my gegee het.

7. Daaruit kan tog goed afgelei word welke waarde ek heg aan die waarheid van die woorde van dié wese!

8. Dit is vir my nou dus soos reeds gesê, volledig duidelik, maar daar is nog iets anders in my, wat hom kronkel soos `n vertrapte erdwurm! O Heer, U sien dit goed in my; daarom wil Ek U nou graag vir `n klein liggie vra!”

9. En die Heer wend Hom nou geheel na Kisehel en het aan hom gesê: “Wel, luister dan!

10. Sien, Satana, Adam en Eva is as`t ware één, en verder is Kain en sy nakomelinge ook weer as`t ware één, omdat ten eerste Satana haar geheel uit gehoorsaamheid aan My moes laat gevange neem het in Adam, en vanuit hom in Eva, en vanuit Eva in die eersverwekte seun, sodat sy sodoende volkome volmaak kon geword het en daardeur alle verdere verwekkings volmaak, soos in die hemele, uit haar kon voortgespruit het!

11. Dié wese wou egter nie, omdat sy dit nie oor haar hart kon kry om vanuit haarself soveel gehoorsaamheid aan My te betoon nie.

12. In Adam wou sy nie ooreenkomstig My beeld wees nie; daarom het sy één geword met haar selfbeskouing, spoedig oorgegaan in fatale eieliefde, en die mens Adam het soos `n treurige woning van dié wese rondgedwaal en nie gelet op die dinge wat hom omgewe nie.

13. Weldra moes Ek `n skeiding van sy wese uitvoer, het uit Adam dit geneem wat haar in hom as die vroulike gemanifesteer het en het in hom slegs die manlike gees gelaat en het die vroulike gees as Eva, vry in `n nuwe, mooi woning buite Adam geplaas. 

14. En Adam het dadelik sy tweede self in Eva herken en het daar `n groot welgevalle aan haar gehad.

15 Maar omdat die tweede wese in haarself agtergekom het dat sy nou swakker as die eerste een was, het sy `n slinkse plan uitgedink om haarself bo die eerste wese te verhef.

16. Maar die lis het nie dadelik geslaag nie. Manlik en kragtig het Adam die begeerte van Eva berispe; en dit was ook voldoende.

17. Die tweede wese konsentreer haarself in haar manlike deel, laat in Eva haar swak wanende vroulike agter en maak hom van haar los in die gedaante van `n slang, as `n afskuwelike tweeslagtige wese, wat as man en tegelyk as vrou kon handel, wat dan ook spoedig sigbaar geword het by die nie-geseënde verwekking van Kain, welke verwekking aan julle bekend is.

18. En sien, Ek moes toe die hele skepping omvorm, en in plaas van die volkome verwekking, die onvolkomene seën, met die voorbehoud dat dit nie deur My aangesien kan word, alvorend die oorgeërfde boosheid uit die grondwese van Satana, nie deur die suiwer liefde tot My, heeltemal verteer word nie, omdat in Adam sowél as in Eva, `n deel van Satana noodsaaklik agtergebly het, wat mekaar voortdurend begerig moet behaag, omdat dit, hoewel geskei, tog die tipiese eie dubbelnatuur van Satana is.

19. So kon Adam sowél as Kain dan ook op helder oomblikke praat soos Satana self; maar tog was Adam, nóg Eva, nóg Kain die eintlike grondwese self, netso min as wat julle, as deel van Adam en Eva, in die grond van julle wese nog van Adam en Eva is.

20. Sien, soos in Adam en Eva, word dié wese nou voortdurend in alle skepsele gedeel en verswak, totdat sy haarself tot aan die einde van die tye volledig verdeel sal hê en daar ten slotte niks meer daarvan sal oorbly nie, as die leë vorm sonder lewe, omdat al haar liefdeslewe moet en sal oorgaan in `n heeltemal nuwe skepsel in julle, wie nou reeds My kinders is.

21. So staan die sake; maar sê vir niemand iets hiervan nie! Ek weet waarom; swyg daarom oor dit alles! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205