`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 243

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die beskrywing van enkele afgodstempels. Die ostempel

(12 Maart 1844)

243 Hier is `n paar sketse van die wonderlike voorstellings van afgode in die tempels:

2. In `n diep kloof in die berge waar `n wilde bergstroompie geraas het en oor hoë rotswande in steil watervalle verstuif het, was `n groot halfronde tempel in `n taamlike ruim keteldal gebou. 

3. Die voormuur was reguit en daar het op `n half silindervormige agterdeel aangesluit, waaraan dan weer die gebou vas was waarin die priesters van die tempel gewoon het.

4. Heeltemal bo in die voormuur van hierdie tempel was twee groot ovaalvormige vensters, soos die oë van `n os.

5. `n Paar vadem dieper, maar presies in die middel tussen beide boonste vensters was weer twee langwerpige ronde vensters taamlik naby mekaar aangebring en in die lengte het hulle loodreg ten opsigte van beide horisontale boonste vensters gestaan wat soos die oë van `n os gelyk het.

6. Ten slotte was heel onder `n vier vadem breë en `n halwe vadem hoë poort aangebring, ondersteun deur drie swart pilare, wat van veraf min of meer gelyk het soos die bek van `n os.

7. Die hele voormuur om die boonste en onderste vensters en om die poort was beskilder en het soos `n oskop gelyk, en heeltemal boaan op die muur, bokant die oogvensters was twee uitsteeksels geplaas wat soos twee horings gelyk het. Aan beide kante van die voormuur, parallel met die oogvensters, was twee groot blikore bevestig, waaruit daar langs buise permanent `n magtige rookwolk gekom het. So het dié front die hele grieselrige, indrukwekkende aansien van `n oskop gehad.

8. Die binneste van die tempel was donkerrooi geverf, en agter in die tempel, soos in `n magtige groot nis, het `n kolossale os gestaan wat uit koperplaat vervaardig was. Sy agterpote was so dik dat mens met `n leer daarin, baie maklik in die groot buik van die os kon kom en allerlei towerkunsies daar kon uitvoer.

9. Die towerkunsies het die volgende behels: Tydens bedevaarte na hierdie wonderlike tempel en die afgod word die enorme groot kop deur `n hefboom aan die binnekant, voortdurend op en af beweeg. Verder was daar `n kragtige blaasbalk binne-in die buik aangebring. Daarmee was rook en gereeld ook vlamme deur die bek van die os na buite geblaas, waarop dit dan geweldig in die os begin te donder het.

10. En eers as daar `n einde gekom het aan die ontsettende gedonder, het die spreker wat hom in die buik van die os bevind het, `n groot blikspreekbuis geneem en het dan enkele onsamehangende woorde tot die bewende volk gerig.

11. Daarop word die os dan rustig, en die opperpriester het deur `n agterdeur tevoorskyn gekom, reukwerk aangesteek, die offers vir die volk en die tyd vir die volgende offer bepaal.

12. Wie `n bees gehad het, moes hier offer, anders het die bees spoedig siek geword en doodgegaan, waarvoor die diensbare geeste van hierdie tempel natuurlik voor gesorg het.

13. Hier onder nog meer sketse!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205