`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 245

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tempel van die wind

(15 Maart 1844)

245 Ten ooste van Hanoch en wel ongeveer drie dagreise ver, was daar `n middelgebergte.

2. Die hoogste deel van die gebergte was gevorm deur vier heuwels van gelyke hoogte wat almal `n taamlik reëlmatige kegelvorm gehad het; hierdie vier heuwels het nie heeltemal in `n ry gestaan nie, maar het so gestaan dat hulle toppe die uiteindes of hoeke van `n skewe vierhoek gevorm het.

3. In die nogal aansienlike hoogvlakte tussen hierdie vier heuwels was `n nie onbeduidende meer met `n omtrek van so `n drie uur deurgaans. Dié meer het vier taamlike groot uitlope gehad en die het natuurlik deur die vier dale tussen die vier heuwels deurgeloop.

4. Op elke heuwel was `n oop pilaartempel gebou en bietjie laer, byna aan die meer, was die geboue waarin die priesters gewoon het, wat egter geen deure gehad het wat duidelik aan die geboue te sien was nie, maar aan die ander kant van die heuwel het `n tonnel geloop en slegs daardeur kon mens in die gebou kom; net so het daar ook `n onderaardse gang vanaf elke woongebou na die tempel op die top van die heuwel geloop.

5. In die middel van elke tempel was `n magtige pilaar gebou. Aan elk van die vier wande van die pilaar was `n kolossale, grof bewerkte, hol metaalkop ingemessel. elke kop het `n oop mond gehad soos by iemand wat byvoorbeeld kole of iets anders aangeblaas het; die opening was slegs natuurlik en ruim twee voet in deursnee.

6. Vanaf die pilaar het `n onderaardse pyp met `n deursnee van meer as twee voet geloop, ongeveer tweehonderd vadem neerwaarts na `n heeltemal verborge kunsmatige grot. In hierdie grot, wat so groot was as `n hedendaagse betreklike groot kerk, was `n magtige, deur `n watermeul aangedrewe, blaasbalk, wat elke sekonde so `n tienduisend kubieke voet lug deur die genoemde pyp na een van die tempels vervoer het. Vanselfsprekend het elke tempel sy eie blaasbalk in die ravyn gehad.

7. Vier keer per jaar was `n groot offerfees in die wonderoord gehou, wat hier uiteraard die vier winde betref het. Aan hierdie vier winde moes elkeen van alles wat hy gehad het, baie ryklik offer, anders kon hy ontsettende storms verwag. Op die vasgestelde offerfeesdae het dit van duisende en nog eens duisende bedevaartgangers gewemel, wat ryklik belaai was met allerlei offergawes.

8. Wanneer die tempels heeltemal deur mense omgewe was, het daar opeens, deur `n verborge deur wat kunstig in `n pilaar aangebring was, die priesters asof te voorskyn getower, die tempel ingekom, het deur middel van `n vlag `n teken na die omgewing waar die geheime blaasbalk was, gegee en onmiddellik het die masjiniste die balk vol in bedryf gesit, en uit die oop blaasmondopeninge van die vier kolossale koppe aan die pilaar begin so `n magtige lugstroom te blaas, dat dit op `n afstand van twintig vadem nog orkaansterkte gehad het.

9. Hierdeur herken die volk nou die heersers van die winde en moes menigmaal groot offers aan hulle bring as hulle vir hulle wou win, maar hulle mag nie al te vas op hulle trou gereken het nie, want die heersers van die winde moes immers baie ongebonde gewees het!

10. Dieselfde blaastoestel kon ook deur `n ander pyp op die oppervlak van die meer gerig word, waardeur daar op die meer behoorlike groot golwe ontstaan het, veral in die omgewing waar die pype in die water van die meer uitgemond het.

11. Wat sulke indrukwekkende illusies as invloed op die dom volk uitgeoefen het, kan elkeen maklik vir hom voorstel.

12. Hierna nog meer sulke sketse!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205