`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 246

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die tempel van die water

(16 Maart 1844)

246 In `n eweneens bergagtige streek, byna twee dagreise noordoos van Hanoch, was `n tempel vir die watergod gebou. Maar hoe, dit sal die volgende kort skets dadelik laat sien!

2. In die genoemde streek, wat rondom deur steil berge ingesluit was, was `n baie groot meer wat deurgaans `n omtrek van dertig myl of sestig uur te voet* gehad het. *(1uur = halfmyl of 1 myl = 2ure)

3. In die middel van die meer was `n eiland wat `n oppervlakte van minstens vier vierkante myl gehad het en wat besaai was met klippe en ander kleiner, maar werklik steil berge, wat baie ryk aan fonteine was. Hierdie fonteine het die vlakker deel van die eiland baie goed bevloei en dit sodoende baie vrugbaar gemaak.

4. Die eiland was deur die watergode uitgesoek en hulle het in die middel daarvan `n baie imposante kasteel gebou, waaromheen `n breë grag gegrawe was, wat haar water van honderd kunstige fonteine verkry het.

5. In die middel van hierdie presies vierkante kasteel, was `n majestueuse, oop tempel gebou, waarin, in `n groot skulp wat uit rots gekap was, `n geweldige, waterdraak gestaan het, wat egter nie van klip nie, maar kunstig van koperplaat, met `n goud legering gemaak was.

6. Op die rug van die draak het `n, ook van dieselfde materiaal gemaak, kolossale mansfiguur gery wat deur middel van `n inwendige, baie eenvoudige meganisme voortdurend sy kop heen en weer gedraai en sy regterhand van tyd tot tyd opgehef het.

7. En telkens as hierdie figuur sy hand omhoog beweeg het, het deur `n buis bokant die ronde dak van die tempel `n magtige waterstraal meer as twaalf vadem omhoog gespuit, wat alles natuurlik vir die dom volk `n hoogs wonderbaarlike en verrassende skouspel was.

8. Daar was nog `n hele spul ander waterkunswerke hier gebou, en die hele eiland was mettertyd met allerlei spuitfonteine besaai; om dit alles van naderby te beskryf, sou alleen al `n aparte boek nodig gehad het. Laat ons daarom tot die hoofsaak oorgaan! 

9. Aan die watergod was twaalf feeste in `n jaar gewy. En elkeen wat `n put êrens in die ryk van Hanoch gegrawe het, moes vooruit aan die watergod offer. Telkens as iemand hom gewas het, moes hy die watergod gedenk en al om die sewe dae `n klein offer opsy geplaas het. En wie gebad het, moes al `n aansienliker offer gebring het en dit in ieder geval aan `n deur die watergod aangestelde waterwagter oorhandig het, anders kon hy nie op geluk in die water gereken het nie!

10. So moes ook die wassers, die skippers, die vissers en nog allerlei mense wat met water te doen gehad het, aan die watergod offer, anders het onvoorsiene teëspoed op hulle gewag, waarvoor die watermeesters, wat oral by die water opgestel was, gewoonlik gesorg het.

11. Sodat die hele volk van die ryk Hanoch sulke offers gewilliglik gebring het, was, soos reeds opgemerk, twaalf feeste op die eiland gehou. Met hierdie feeste het dit op die meer gewemel van allerlei vaartuie wat bedevaartgangers heen en weer vervoer het.

12. Op die eiland was ook heelwat skommelklippe waarin die gaste soveel moontlik opgelig en gewip was; en vir die priesterlike vissers en skippers van die meer was daar ook goeie verdienstes. Elkeen was wel gratis na die eiland toe vervoer; maar `n mens moes vir die terugreis betaal.

13. Ek dink dat mens nie nog meer oor hierdie gruwels hoef te verneem nie! Daarom sal ons dadelik weer na meer loflike sake oorgaan! 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205