`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 248

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die liefdestempel in Hanoch met sy tuin

(20 Maart 1844)

248 In Hanoch self was `n wondertempel gebou wat gedurende die hele dag oop was; maar elke besoeker moes hom laat welgeval om aan die mooi priesteresse, die halfgodinne en in die besonder die volmaakte godinne `n heel aansienlike offer te oorhandig.

2. Ja, wat se tempel was dit dan, hoe was hy ingerig, en aan wie was goddelike verering hier betoon? Die volgende kort beskrywing sal dit dadelik in die helderste lig laat sien!

3. Die tempel was buite die poort gebou wat na die kinders van God gelei het en waaragter die gebergte baie spoedig begin het.

4. In die boeke van Kinkar het mens `n vurige verhandeling oor Naëhme gevind, wat volgens die beskrywing so mooi was dat die klippe haar selfs sou agterna geloop het.

5. Vir hierdie Naëhme was daar dus `n buitengewone mooi tempel gebou, wat rond en oop was en bestaan het uit dertig pilare aan die buitekant en uit tien pilare wat binne die dertig pilare in `n korrekte ordening opgestel was, sodat telkens agter drie pilare `n pilaar te staan gekom het om die ronde dak te dra, en wel op `n afstand van drie vadem.

6. Om die tempel heen was drie paleise gebou; een vir die priesteresse, die ander vir die halfgodinne en die derde vir die volmaakte godinne.

7. In die middel van die tempel was Naëhme, in wit marmer op `n swaar vergulde voetstuk, pragtig uitgebeeld, heeltemal naak in `n ietwat kolossale grootte, en aan die pilare was op laer voetstukke naakte mansbeelde geplaas, in volle opgewondenheid, met hulle gesigte na die naakte Naëhme gekeer.

8. Om die tempel en om die drie paleise was `n enorme groot tuin aangelê wat aan prag en skoonheid niks te wense oorgelaat het nie.

9. Dit het bestaan uit drie afdelings. Die een en die mees voortreflikste was `n kunstig aangelegde doolhof; maar die gange van hierdie doolhof was nie gevorm deur geslote mure nie, maar het bestaan uit baie sierlike hekwerke, sodat mens vanuit die een gang in honderd ander kon kyk.

10. En as daar dan, `n baie mooi volmaakte godin haarself hier en daar skertsenderwys laat sien het, dan kon die vereerder van so `n godin tog nie by haar uitkom nie; ook wanneer slegs een enkele hek haar geskei het, en moes hy tog die grootste omweë maak, om by haar te kom.

11. Die verskil tussen die priesteresse, die halfgodinne en die volmaakte godinne het hieruit bestaan:

12. Die priesteresse was sierlik gekleed en verder mooi van aangesig en gestalte.

13. Die halfgodinne het slegs `n handbreedte goue skortjie oor hulle skaamte gehad en armbande met edelstene en aan hulle voete goue sandale; verder was hulle heeltemal naak.

14. Die volmaakte godinne was heeltemal naak, behalwe hulle goue sandale aan hulle voete en hulle moes van groot skoonheid gewees het. Hulle hare moes goudblond wees; hulle hele liggaam mag geen vlekkie vertoon het nie en moes volkome blank en heeltemal onberispelik gewees het. Ook mag, behalwe hulle hoof, geen enkele ander liggaamsdeel `n natuurlike beharing gehad het nie, maar vir die verwydering daarvan, was daar baie middele in Hanoch beskikbaar.

15. Wanneer die volmaakte godinne in die oordekte dwaalweë gaan wandel het, het hulle steeds `n priesteres en `n halfgodin by hulle gehad. Die priesteres moes vooruit loop om die weg vir die volmaakte godin te reinig, en die halfgodin moes met `n wolf- of vosstert die vlieë, langpootmuggies en perdevlieë van haar lyf gehou het.

16. In die twee ander dele van die tuin wat uit lane, blombeddings en prieeltjies bestaan het, kon die priesteresse ook sake gedoen het; maar in die doolhof, wat ook van `n hele spul geslote tempeltjies voorsien was, mag slegs die volmaakte godinne en nou en dan ook die halfgodinne sake gedoen het.

17. Vir die godheid van die skoonheid was daar weliswaar geen vasgestelde feeste gegee nie, maar daarvoor het die tempel oordag en snags met goeie verligting oopgestaan.

18. In die begin was die tempel in geheel van slegs drieduisend vroulike wesens voorsien; maar reeds na drie jaar moes die priesteresse, en toe die halfgodinne en die volmaakte godinne vertienvoudig word. Want hulle het vir Gurat meer opgelewer as alle ander tempels, want die doolhof was dag en nag vol vereerders van die volmaakte en halfgodinne gewees.

19. Om meer hieroor te sê, is nie nodig nie, want elkeen sal die openlike onsedelikheid maklik hieruit deursien. Daarom `n volgende skets hieronder! 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205