`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Lameg vra hoe dit moontlik is dat Satana as `n uit God geskape wese so boos is. Die antwoord van die Heer in `n gelykenis.

(26 April 1843)

25 Nou het Lameg ook na die Heer toe gegaan en toestemming versoek om hom voor Hom ook van `n verwarrende knoop te mag ontdoen.

2. En die Heer het aan hom gesê: “Ek weet waarmee jy sit, en Henog weet dit ook! Maar Kisehel kan nog nie sien wat hom in die geheimste diepte van jou lewe bevind nie; daarom kan jy jou terwille van Kisehel wel hardop uiter, sê My daarom wat jou verwar!”

3. Met `n hart vol vlammende liefde dank Lameg vir hierdie verhewe barmhartigheid en het toe die volgende vraag hardop te berde gebring:

4. “Mees liefdevolle, heilige, onuitspreeklik goeie Vader, U het Satana tog uit Uself en nie uit iets anders geskape nie! Hoe is dit dan tog moontlik dat dié uit U geskape wese so ontsettend boos is, omdat in U alles van die ewigheid tog buitengewoon goed moet wees, omdat U Self so eindeloos goed is en daar daarom uit U tog ook onmoontlik iets slegs kan voortkom?

5. Omdat Satana wat uit U geskape is, egter werklik so buitengewoon sleg is, weet ek op dié punt glad geen raad met myself nie. So dink ek by myself en voel dit ook baie duidelik; dat wanneer ek daarmee in die reine sou kan kom, dat ek dan alles sou hê waaraan ek behoefte het, ter volledige gerusstelling van my gees!”

6. Op hierdie baie gegronde uitlating van Lameg antwoord die Heer as volg: “Wanneer jy dit vanuit `n menslike oogpunt beskou, dan moet dit jou wel die mees verwarde knoop oplewer; kon jy dit egter op `n suiwer geestelike manier beskou, dan sal alle verwarring weldra heeltemal verdwyn en sal jy die dinge tallose male helderder sien, soos die lig van die son op die klaarste, helderste middag!

7. Dit is egter moeilik om dit met begryplike woorde vir jou uit te lê, omdat dit in die diepste diepte van al My oneindige goddelike Wysheid gelê het.

8. Maar Ek wil die saak deur middel van `n gelykenis aan jou verduidelik! Hoe meer jy hierdie gelykenis met verloop van tyd sal oordink, des te dieper sal jy in die gees van die waarheid in dié eindeloos diep misterie deurdring; luister dus: 

9. `n Buitengewone wyse, goeie en liefdevolle man het in homself die idee gekry om `n vrou te neem en kinders by haar te verwek, wat in alles soos hy sal lyk, en elkeen van hulle sal volgens sy aard besit neem van die onmeetlike skatte en rykdomme wat hy in eindelose oorvloed besit!

10. Dit sou beslis `n baie goeie plan gewees het. Maar hoe is dit uitvoerbaar as daar in die hele gebied geen vroulike wese bestaan nie?!

11. Maar wat het die buitengewone wyse man nou gedoen? Hy bedink dit nie lank nie, maar aan homself gesê:

12. “Waarom sal ek in my eindelose gebied soek, wat nie te vinde is nie?! Ek het immers in my wat ek nodig het; ek het liefde, ek het alle wysheid en het die mag vanuit die twee!

13. Daarom wil ek net sien of ek nie uit myself `n vrou vir my kan skep, wat in alles met my sal ooreenstem nie! Ek het tog ook al ander dinge wat nou volledig bestaan, uit myself te voorskyn geroep; dan sal ek tog ook daarmee slaag?!

14. En dus sal ek dan `n geheel op my lykende denkbeeld opneem en haar in my vaste wil plaas en dit sal spoedig blyk of dit nodig sal wees om verder na dit te soek, wat nie daar is nie, en nóg minder buite my kan bestaan nie!”

15. So gedink, so gedaan, en die heerlike werk staan voor die man! Met eindelose groot welgevalle bekyk die magtige wyse werkmeester haar.

16. Maar die werkstuk is nog net `n dooie masjien van sy wil; sy beweeg nie anders as net volgens die wil van die werkmeester nie en praat slegs wat die werkmeester haar self ingee en dan uitgepraat wil hê.

17. Dan bedink die wysheid van die meester haar en praat: ‘Die werkstuk is daar; maar daar is in haar niks anders nie as ekself! As ek dit so sal laat, dan sal ek weinig daaraan hê; maar gee ek die werk `n eie, vry, selfstandige lewe, dan moet dit my ook geval as sy haar van my sal afwend en volgens eie vrye wil sal handel.

18. Maar ek is tog bo alles magtig. As sy die gegewe grense sal oorskry, dan sal ek weet hoe om haar tegemoet te tree; want sy bly immers ewig my werk!”

19. So praat die volmaak wyse man met homself en so het hy ook gedoen.

20. Die werkstuk is vry, beweeg haarself en praat weldra anders as wat die man wil; en dit is `n groot triomf vir die werkmeester dat sy werk buitengewoon lewend is en vrye aktiwiteit begin te ontplooi, egter sonder om ooit uit die sfeer van die wil van die meester te kan tree.

21. Maar die man wil nog meer doen, naamlik die volste vryheid van wil van die werk; en daartoe is persoonlike opvoeding en vervolgens alle moontlike eie ervaring van die werkstuk nodig.

22. Hierdie opvoeding duur nou nog voort, terwyl die skeppende verwekking, wat langsaan plaasvind as `n vername onderdeel van die groot opvoeding, te beskou is. En die man is nou, soos altyd, op die punt om die uiteindelike versekerde voltooiing van sy werk baie helder te sien!

23. Sien, dit is `n geweldige gelykenis; want die begin en die einde lê volkome daarin! Neem dit goed in jou op, en dan sal dit altyd maar ligter word in die diepte van jou gedagtes! Maar nou trek ons weer verder! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205