`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 250

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Verdere tempels in Hanoch en omgewing. Die vryheid van belastings in Hanoch. Die afgesnyde hooglanders op soek na `n uitweg na die vlakte. Die spore van Gurat se werk in Tibet. Die nuwe bode van Noag na die tien vorste

(22 Maart 1844)

250 Op dieselfde wyse was daar nog `n hele spul gode en tempels. Die natuur het `n tempel in Hanoch gehad en verder in elke stad `n kleiner een; die wolke het ook `n tempel gehad; netso het ook die maan, die sterre, bepaalde diere, bome, fonteine, riviere, mere, seë, berge en verskillende metale hulle besondere gode, tempels en priesters gehad. Elke oomblik het mens in `n ander tempel vasgeloop.

2. Maar hierdie tempels was vir die merendeel ondergeskik aan die reeds genoemde. Slegs in Hanoch het nog, volgens oud misterieuse gebruike uit die boeke van Kinkar, die tempel van Lameg bestaan; maar buiten die koning, die opperpriestergeneraal en die ander opperpriesters mag niemand, op straf van die dood, hierdie tempel benader het nie, wat aan die ou god van die bliksem en die donder gewy was.

3. Slegs die tempel van die Wysheid op die slangberg was toegestaan; daar was egter geen Wysheid meer te verwerf nie, maar in plaas daarvan was daar hoogs geheimsinnige towery bedryf, en in die middel van hierdie ou tempel was `n orakel opgerig waar elkeen hom vir geld en ander offers kon laat voorlieg het so dikwels mens maar wil. Natuurlik het die gewone mens dit alles vir klinkende munt aangeneem.

4. Op hierdie manier was die regering van Gurat reeds binne vyf jaar so ver gevorderd dat hy die volk van alle belastings kon onthef, want die tempels het enorme somme geld ingebring en daarvoor gesorg dat baie provinsies, wat hulle afgeskei het, hulle binne `n kort tydjie weer onder sy beskerming gestel het en met baie vreugde aan die gode geoffer het. Ja, daar was yweraars vir die tempels en die gode wat dit `n buitengewone barmhartigheid gevind het, as hulle ook êrens `n nuwe tempel kon bou en aan die koning kon skenk!

5. Na verloop van tien jaar het elke dorp byna netso baie tempels as huise gehad, en die een huis het met die ander gewedywer, die een dorp met die ander en die een stad met die ander om die koning die rykste offer aan te bied, omdat die koning in `n sekere sin alle gode verteenwoordig het en daarom ook die dienaar van alle gode genoem was.

6. So het dit nou daar gelyk in die ryk van Hanoch!

7. Maar wat het die afgesnyde volkere van die hoogland gedoen, toe hulle ontdek wat Gurat hulle, in plaas van om hulle hoogheerlikheid te erken, aangedoen het?

8. Die tien vorste het die hele uitgebreide bergstreek uiters noukeurig laat ondersoek om te sien of daar nie nog êrens `n uitweg moontlik was nie.

9. Daar het `n jaar omgegaan met die ondersoek van die terrein. Maar alles was vergeefs, want Gurat het `n permanente omvangryke wag ingestel en voortdurend laat werk aan die afskuinsing van die berge wat ook maar enigsins aan die hoogland gegrens het, sodat daar slegs enorme kaal wande te siene was.

10. Die spore van dié werk van Gurat is hier en daar in die huidige Tibet nog baie goed sigbaar.

11. En die tien het vergader oor wat daaraan gedoen kon word. Hoe kon mens hier wraak neem?

12. Tienmaal was daar `n groot vergadering belê, maar die mense het nie tot `n steekhoudende besluit gekom nie.

13. Daarom het die tien gesê: “Ons moet, wat die verwekking van kinders betref, ander wette hier opstel, anders sal ons land, wat weliswaar groot en vrugbaar is, vir ons binne `n kort tydjie heeltemal te knap word!”

14. En juis toe hulle sodanige wette wou uitvaardig, sien, toe het daar `n nuwe bode van Noag gekom en hy het die tiental belet om die wette uit te vaardig!

15. Maar hoe, dit sal die vervolg laat sien!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205