`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 251

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die boodskap van die afgesant van Noag aan die volkere van die hoogland. Die aankondiging van die oordeel. Die opdrag van die Heer aan Noag om die ark te bou. Die termyn van twintig jaar

(23 Maart 1844)

251 Die bode van Noag was met groot onderskeiding deur die tien ontvang en het hom gevra wat daar nou moes gebeur, of dit deur hulle bespreekte wet ondervang moes word of nie.

2. Maar die bode van Noag het gesê: “Dit moet julle nou juis nie doen nie, want nie alle weë om die land uit te kom is vir julle afgesny nie! Ek is immers ook van vlees en bloed en tog kon ek `n weg vind om by julle te kom! Waarom sou julle nie ook hierdie vir ewig onverwoesbare weg uit die land vind wanneer dit nodig sou wees nie?!

3. En die land is trouens so groot dat dit julle kan voed, selfs al was julle honderd maal meer mense as nou!

4. Wie van julle ken eintlik alle grense daarvan?! Jy het wel enkele verkenners hierheen en daarheen uitgestuur, en elkeen van hulle het `n deel gesien, maar niemand het nog met sy eie oë die uitgestrekthede van die land oral aanskou en bereken nie!

5. Aan my is die hele land egter getoon en ek het gesien dat dit ongeveer vyftig dagreise lank is in die rigting van die môre en ongeveer tien dagreise in die rigting van middernag!

6. Dit is wel waar dat Gurat die land deur twee miljoen mense byna na alle kante ontoeganklik gemaak het en hy nou reeds gedurende tien jaar baie koste aangegaan het en nog groter sal aangaan; maar desondanks het die land tog `n vrye uitgang en wel na die hoogte van Noag, my heer!

7. Van daar strek groot gebiede uit in die rigting van die aand en dit het weinig en in baie plekke nog geen bewoners nie! Daar is dus vooruitsigte en uitweë genoeg as julle julleself sou wou vermeerder!

8. Maar ek was nie na julle toe gestuur om hierdie gerusstelling vir julle te bring nie, maar omdat ek julle die naderende oordeel van God oor alle mense van die aarde moes verkondig, wat hulle nie tot Hom wil keer nie, en Sy gebod nie wil hou, wat Hy in die begin aan die vaders van die hoogte en die konings van die laagte gegee het.

9. So lui God se woorde en so het die Heer honderd jaar gelede tot my heer gespreek: “Die mense wil hulle nie meer deur My gees laat lei nie, want hulle het suiwer vlees geword; Ek wil hulle tog nog `n uitstel van honderd-en-twintig jaar gee!”

10. En nogmaals het die Heer gepraat en gesê: “Noag, stuur bodes na alle streke van die wêreld, en laat My dreigende oordeel aan alle skepsele bekend gemaak word!”

11. Dit het Noag, my heer, van jaar tot jaar gedoen, maar baie bodes het hulle laat verlei deur die vlees en het nooit die boodskap oorgedra nie.

12. Nou is dit tien jaar gelede dat my broer by julle was en `n ander in Hanoch. Die broer by julle het wel teruggekom, maar die ander was in Hanoch gedood.

13. Van toe af het Noag jaarliks in die geheim `n boodskapper na Hanoch en dertig na die ander stede gestuur; maar die bodes was deur die afgode van Hanoch verblind en het vleeslik geword.

14. Daarom het God, die Heer, Sy geduld verloor en Hy het drie dae gelede weer met Noag gespreek en gesê: “Noag, trek met jou mense die bos in en laat duisend slank en reguit bome vel en laat hulle mooi vierkantig kap, en plaas die gekapte stamme bymekaar en laat hulle so lê, vyf jaar lank! Dan sal Ek jou sê wat jy daarmee moet doen!”

15. Die timmerliede het die byl reeds aan die wortel gelê! Honderd jaar het vrugteloos verstryk; nou bly daar nog net twintig jaar oor!

16. Wend julle daarom in alle erns tot die Heer, as julle die oordeel wil ontkom! Want as die twintigste jaar, van nou af, verby sal wees, sal die Heer die sluise en die vensters geopen het en sal met groot vloede al die vlees van die aarde dood!

17. So het ek nou met julle gepraat, en so praat my broer nou in Hanoch; goed vir diegene wat dit ter harte sal neem! Amen!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205