`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 253

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die bode van Noag voor die opperpriestergeneraal in Hanoch. Die verstandelike antwoord van die opperpriestergeneraal. Die suiwer verstandstaat

(27 Maart 1844)

253 Dit was dus die resultaat wat die bode by die bewoners van die hoogland bereik het. Maar wat het die afgesant in Hanoch bereik? Dit sal dadelik duidelik gemaak word!

2. Die bode wat na Hanoch gekom het, was regstreeks na die opperpriestergeneraal verwys; hy het dan ook na hom toe gegaan en was as afgesant uit die hoogte, ook onmiddellik toegelaat.

3. Toe hy by die generaal aangekom het, was hy met die grootste voorkomendheid ontvang en was hy baie hoflik gevra wat hy met sy sending beoog het.

4. Die bode het sonder terughoudendheid dieselfde gesê wat sy reisgenoot aan die bewoners van die hoogland gesê het.

5. Maar die generaal het aan die gesant gesê: “My hooggewaardeerde vriend! Jy is nog wel baie eenvoudig in jou Wysheid, en dieper dink skyn jou nie eie te wees nie!

6. Sien, jy praat hier oor God en oor `n oordeel, oor `n reëlregte ondergang van die wêreld en dit het God ook al honderd jaar gelede met Noag gespreek en nou weer met hom gespreek! Hoe dom moet jy tog wees dat jy so-iets kan glo! Dink tog self na!

7. Sien, jy het my gesê dat jy, vanweë jou sending, in `n sekere sin `n geregsbode van God is, en het gesê dat God Self met Noag, jou heer, sou gespreek het! Maar bedink die volgende: As daar `n sodanige God sou wees Wie alwys en almagtig en alwetend was, dan moes dit tog immers jou reinste skande vir so `n God wees as Hy nie sou insien dat so `n bode soos jy, vir ons presies dieselfde is soos `n doudruppel ten opsigte van `n eindelose see nie!

8. Bowendien sou `n God in Sy Wysheid meer geleë moet wees aan `n enorme groot volk as aan een enkele persoon wat in een of ander bergkloof woon! Jou God kom egter slegs na diegene toe wat geen mag en vir die wêreld geen aansien het nie, en kan dan ook heeltemal niks bewerkstellig nie!

9. Wat is dit dus vir `n dwase God Wie nie eens die maghebbers van Sy volkere ken nie, en Self nie na hulle toe kom om hulle uit hulle droom te help sodat hulle dan die volk `n ander koers sou stuur nie?!

10. Ek sê egter vir jou, my gewaardeerde vriend, jou ou Noag het netso min soos ek ooit die een of ander god gesien en gehoor, maar in besit synde van enkele ou towerkunsies, wil hy net soos sy voorvaders, die opperheerskappy oor die volkere van die aarde wen en daarvoor het hy sy toevlug tot politiek geneem! Maar die ou politiek werk nie meer waar `n ryp en nuwe wortel geskiet het nie!

11. Maar het jy God ooit self gesien en gehoor? Of het jy God met Noag hoor praat? Of het God jou met die een of ander waardevolle wonderkrag geseën? Jy ontken dit! 

12. Nou sien, sou `n wyse God wel aan `n volk van Hanoch so `n armsalige bode soos wat jy een is, stuur en hom laat dreig met die ondergang van die wêreld?! Sou `n God dan nie al baie duisende jare vooruit moes voorsien het dat so `n bode hoogstens medelydend uitgelag sal word ten aansien van meer as vyfhonderd miljoen mense wat op die hoogte is?! Sou jou God werklik nie weet dat `n vlieg nooit `n berg kan omstoot nie?! Sien, sien, my beste vriend, hoe dwaas jou boodskap is!

13. As daar `n God bestaan Wie hoogs wys en alwetend en almagtig is, dan sal Hy vir ons uiteindelike bekering ook na baie ander, werksamer en `n groot volk waardiger middele gryp as na die verouderde politiek wat by ons van geen enkele betekenis meer is nie!

14. Sien, ons lewe nou in die mooiste orde! Ons het geen oorloë nie, ons verlang geen belastings nie; in die hele ryk is geen enkele slaaf nie; ons wette is so sag soosas wol; ons lewe vergenoegd, asof ons met miljoene één liggaam en één siel is. Dit gebeur deur ons wette! Sê my, kan `n God `n beter orde vestig?!

15. Al ons wette is van die beste geaardheid van die mens afgelei en praat daarom elke mens aan, en elkeen is onder sulke wette salig en buitengewoon vergenoegd. Niemand gaan gebuk onder nood en armoede nie! Sê my, my geëerde vriend, kan daar dan nog `n beter regering en orde bestaan?

16. Hier het die gesant verbaas opgekyk en het nie geweet wat hy moes sê nie.

17. Die generaal het daarop aan die bode gesê: “Kyk, jy is egter `n goedgemanierde jong man en jy skyn nie sonder talent te wees nie; daarom maak ek jou die voorstel om hier te bly. Ek sal self vir jou opleiding sorg en sal jou dan ook aan `n goeie verdienste help; daarop kan jy reken!

18. Maar ek wil jou nie dwing nie! Wil jy liewer na jou berge terug, dan kan jy dit ook doen, maar eers moet jy jou nog beter daarvan oortuig hoe voortreflik dit met ons regering gestel is! Volg my dus na die koning!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205