`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 255

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die listige plan van die ingehuurde misdadiger om die suster van Waltar te vang. Agla op soek na haar broer Waltar

(29 Maart 1844)

255 En hoe was hierdie jag uitgevoer? Die bode, wat die broer was van die suster op wie jag moes word, moes sy klere geleen het aan `n misdadiger, wat weens `n swaar misdryf vir die doodstraf in aanmerking gekom het; hierdie oortreder word egter te kenne gegee dat hy kwytgeskeld word van die doodstraf as hy die suster van die bode, wie se klere hy aangehad het, van die hoogte na Hanoch vir die koning sou bring.

2. Hierdie misdadiger was `n deurtrapte skelm en het die doodstraf verdien, omdat hy hom met sy diefstalstreke selfs aan die koninklike skatte vergryp het, waarby hy egter ook betrap was en dadelik die dood te verwagte gehad het.

3. Maar toe hierdie oortreder onder sulke voorwaardes die doodstraf kwytgeskeld kry, was hy uitermate bly en het gepraat: “Nie slegs die een nie, maar al was daar duisend soos sy, dan het ek dit nog heeltemal alleen aangedurf om hulle hierheen te bring; daarom sal ek wel sonder veel moeite met dié een klaarspeel! Hoe ver is dit vanaf hier na die woning van die ou towenaar op die hoogte?”

4. Mense het aan hom gesê: “Vir `n goeie voetganger is dit twee dagreise na die hoogte, maar terug kan die weg ook in anderhalwe dag afgelê word!”

5. En die oortreder het gepraat: “Gee my een of twee mense saam wat die weg ken, sodat ek nie verdwaal en daardeur opgehou word nie; dan is ek binne drie dae, so nie vroeër, hier met die buit!”

6. Aan hierdie wens van die oortreder was onmiddellik gehoor gegee; hy verkry drie bewapende manne saam wat die weg geken het en gaan dadelik op jag.

7. Maar onderweg het die drie gidse aan die jagter gesê: “Wat sal ons doen? As ons in die omgewing van die woning van die ou towenaar kom, sal hy ons dan nie dadelik ontdek en ombring nie?”

8. Maar die jagter het geantwoord: “Laat dit maar aan my oor! Ek sal self vir die Satan te slim wees as dit daarop neerkom! As ons so naby hulle gekom het, dat `n mens die geroep van `n kragtige mens kan hoor, dan begin julle “Waltar!” te roep! So heet die broer van die suster wat ons moet gevange neem!

9. Sy hou van haar broer en wanneer sy hoor dat hulle sy naam roep, sal sy sekerlik die eerste wees wat op die roep sal antwoord! Ek sal dan `n tyd lank voor julle uitvlug in die rigting van Hanoch; en as sy vir my, vanweë die kleding, as haar broer herken, sal sy saam met julle gaan, sonder om weerstand te bied!

10. En dan behoort sy ook reeds aan ons, en die ou towenaar kan ons niks maak nie, omdat die suster nie gedwonge nie, maar vrywillig met ons sal saamgaan vanweë haar broer; want ek weet dat geen enkele towenaar mag het waar die vrye wil van een bloedverwant op die spel is nie!”

11. So word die plan vir die jag gemaak, maar dit het nie tot uitvoering gekom nie, want Agla was self al op pad na Hanoch, vanweë haar broer en het dan ook heeltemal alleen die deputasie halfpad tegemoetgekom en het haar as sodanig verraai deur haar groot skoonheid en deur haar roep: “Waltar! Waltar! My broer!” toe sy die jagter gesien het.

12. Maar die jagter het die saak aan haar uitgelê, en daarna het sy hierdie vier manne vol vreugde na die groot stad gevolg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205