`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 258

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Agla se heerssug as koningin van Hanoch en haar wraak op Waltar. Waltar se vlug en dood

(16 April 1844)

258 Maar toe Agla tuis in die paleis van Gurat gesien wat haar broer gedoen het, was haar hart vervul van toorn en het sy soveel te meer die hand van Gurat en die kroon begeer, ten einde haar as koningin en medeheerseres van die groot ryk op haar broer te kan wreek en in die besonder op die godinne van die skoonheid.

2. Gurat, wat `n groot welgevalle gehad het aan Agla, het dit met graagte gedoen, omdat hy hom ook eerder in die toestand van, volgens hy gedink het, allerhoogste geluk wou wees. En so word Agla reeds op die derde dag ten volle koningin in Hanoch, die dag nadat haar broer die sewe vrouens verkry het.

3. Hierdie Agla het toe uiters heerssugtig geword, en elkeen wat haar teëgekom het, moes laag ter aarde buig voor haar.

4. Maar dit het haar broer Waltar so erg ontstem, dat hy daarom van die koning verlang het om onthef te word van sy posisie om hom êrens in `n gebergte te vestig, waar hy nooit iets van sy vreeslike suster sou verneem nie.

5. Maar Gurat, wat gewoonweg besete was met Agla, het nou niks meer gedoen sonder haar toestemming nie en daarom het hy het haar gevra wat sy van die besluit van haar broer gedink het.

6. Toe Agla dit gehoor het, was sy kwaad vir haar broer, het hom dadelik van sy vrouens geskei en het hom na `n diep gevangenis gebring. Toe dit gebeur het, was sy nog nie `n jaar lank koningin nie, en haar broer het ook nog nie die egtelike geluk met sy sewe godinne so `n lang tyd geniet nie. 

7. Die opperpriestergeneraal het dit ook betreur dat Agla haar broer sonder rede of aanleiding in die gevangenis laat werp het, want die opperpriestergeneraal kon Waltar goed gebruik het, omdat hy `n baie wakker gees besit het. Daarom het hy heimlik moeite by die koning gemaak vir die bevryding van Waltar, maar onder die seël van die strengste geheimhouding voor Agla, omdat sy andersins haar broer kwaad sou kon aangedoen het.

8. En die koning het gesê: “Dit sou alles goed wees, maar hoe sal ons die gevangenis open, terwyl slegs Agla die sleutel van hierdie gevangenis het en sy bowendien haar mees vertroude wagter voor die gevangenis geplaas het?”

9. Die generaal het gesê: “Dit is inderdaad baie bedenklik, maar laat dit maar aan my oor, ek sal die saak wel in orde bring! Ek sal in die nag met `n klein gewapende eenheid die gevangeniswag oorval en die gevangenis met geweld open, en die vertroude wag sal maar net moet verlief neem!”

10. Gurat het met hierdie raad ingestem, en in dieselfde nag, nadat hy `n totaal van twee maande in hegtenis was, is Waltar weer bevry.

11. Maar toe Waltar bevry was, wou die opperpriesters hom in beskerming neem; maar hy het egter begeer om maar net te vlug, en dus het is dit ook aan hom toegestaan.

12. Agla het egter baie gou gehoor wat daar gebeur het en sy het agtervolgers uitgestuur om haar broer te gryp en waar hulle hom sou aantref, te dood.

13. En die agtervolgers, hopend op `n goeie loon, het hulle vinnig in alle rigtings versprei en Waltar ingehaal op die weg na die gebergte en hulle het hom neergeslaan.

14. Dit was sy einde en sy loon, omdat hy hom van die goeie weg van God verwyder het. En dit was ook die begin van die wreedste regering wat ooit in Hanoch geheers het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205