`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 259

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die beloning van die agtervolgers. Agla steek Waltar se vrouens neer met `n dolk. Die vrees van die koning

(18 April 1844)

259 Om hulle te verseker van die loon van die koningin, het die agtervolgers die kop van Waltar se romp afgesny, dit in `n doek toegewikkel en het dit na die koningin gebring.

2. Aanvanklik het sy wel geskrik by die aanblik van die hoof, maar baie spoedig het sy haarself herstel en aan die agtervolgers gesê:

3. “Julle het julle trou bewys! Julle het my grootste vyand vernietig; die vyand van my liefde het julle gedood en julle loon wel verdien! Hier is honderd pond in goud; neem dit as julle welverdiende loon aan!

4. Maar neem die kop weer saam en begrawe dit êrens in die tuin van die skoonheidsgodinne; daar kan hy hom vir ewig verlustig aan die aanblik van hulle wat vir hom meer beteken het as ek!

5. Wanneer julle die kop begrawe het, gaan dan na die sewe vrouens wat nou nog hier in die onderste deel van die paleis woon en bring hulle hier, saam met die veertien byvroue!

6. Wat dan daar moet gebeur, sal vir julle op daardie oomblik te verstane gegee word! Verrig julle werk goed en die loon sal nie uitbly nie!”

7. Hierop het die agtervolgers die kop geneem en daarmee gedoen wat die koningin hulle opgedra het.

8. Toe die skoonheidsgodinne gesien het dat die kop begrawe word, het hulle hewig geskrik en aan mekaar gesê: “Dit is `n slegte voorteken vir ons almal! Dit is beter om so vinnig moontlik van hierdie plek af te vlug, as om ons binnekort, soos die kop, ons onder die grond te laat begrawe!”

9. Maar sommiges het gewens om die opperpriestergeneraal te spreek. Maar hy was nou te druk besig met planne hoe hy vir Agla by die koning verdag kon maak en was daarom nie te spreek nie, want sy boosheid teenoor die koningin was te groot. Daarom moes die godinne bly en met angs tegemoet sien wat daar sou gebeur.

10. Die agtervolgers het wel reeds die volgende dag na die sewe vrouens van Waltar gegaan en hulle saam met die veertien byvroue na die koningin gebring.

11. Toe hulle voor die koningin verskyn, het sy hulle gevra: “Moet julle nie rou oor Waltar, wat deur my mag gedood is nie?”

12. Hierop het die vrouens begin om te huil en te weeklaag.

13. En die koningin het gesê: “Julle liefde tot Waltar was dus so groot dat julle sy sekere dood so betreur?! Sien, ook my liefde vir hom was groot, want ek het hom uit liefde laat doodmaak sodat hy nie julle s`n sou wees nie!

14. Ek sien nou egter dat julle ly oor sy verlies; daarom wil ek ook `n einde aan julle lyding maak! Agtervolgers! Trek alle vrouens uit en bind hulle almal naak aan die pilare van my koninklike saal!”

15. En die agtervolgers het dit onmiddellik gedoen.

16. Toe die naakte vrouens, tesame met die byvroue, stewig aan die pilare vasgebind was, het Agla self `n skerp dolk geneem, na die vasgebinde vrouens gegaan en aan die een sowel as aan die ander gesê, terwyl sy die kant van die hart geraak het: “Daar klop dus die hart wat my broer liefgehad het?”

17. Daarop het sy die dolk in die hart van die vasgebinde vrou gesteek en vervolgens gesê: “Laat dit jou loon wees, jy ellendige!”

18. So het Agla self uit wraak, met haar eie hand, ook die vrouens van haar broer gedood.

19. En ofskoon die koning die volgende dag daaroor ingelig was, het hy dit nie gewaag om aan haar te sê: “Vrou! Wat het jy gedoen?” nie, want hy het Agla bemin en gevrees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205