`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 261

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die lyke word gebalsem en in die glas doodskiste uitgestal. Die plan van koningin Agla om alle “godinne” van die liefdestempel te vermoor word verydel deur die vlug van die “godinne”

(22 April 1844)

261 Na verloop van agt dae was die lyke, asook die kop van Waltar, gebalsem en vervolgens in die tempel van Naëhme in die reeds genoemde glaskiste uitgestal en in die middel van die doodskiste het die kop van Waltar op `n swaar vergulde voetstuk vir borsbeelde in `n glashouer gestaan, wat natuurlik goed afgesluit was.

2. Toe die werk beëindig was, gaan die aanvoerder van die soldate na die groot huis van die verskrikte godinne en vertel hulle wat daar gebeur het, en het hulle uitgenooi om die gebalsemde lyke te aanskou.

3. En die godinne het hierdie keer nie naak gegaan nie, maar in rougewade na die tempel van Naëhme en het nie bietjie geskrik toe hulle al die dooies gesien het nie.

4. Na `n lang pouse het die oppergodin met bewende stem aan die aanvoerder van die troep gevra: “As dit die werk is van die koningin, wat kan ons dan binnekort verwag? Wat sal die furie met ons doen?”

5. En een van die gevange agtervolgers het ongevraagd geantwoord: “Staan my toe om te praat, my heerlike godinne! In hierdie grafstene staan ook julle lot geskryf, want ons het uit die mond van die koningin gehoor wat haar vaste voornemens is! Slegs vlug kan julle red teen die woede van die koningin!

6. Glo maar nie dat die opperpriestergeneraal in staat sal wees om so-iets te verydel nie! Want die koningin het sluipweë en middele wat niemand behalwe syself ken nie, en sy kom altyd agter alles wat aan haar sataniese wil gebeur; sy weet vas en seker al vir enkele dae wat hier in stryd met haar bevel met die lyke onderneem word, en ek raai elkeen wie sy lewe liefhet aan om nie lank te draal nie!”

7. Hierdie woorde neem die aanvoerder van die soldate ter harte en hy het aan die godinne gesê: “Die leier van die agtervolgers skyn gelyk te hê; maak julle daarom gereed, sodat ons julle onder veilige geleide êrens heen kan bring waar julle veilig teen die woede van die furie sal wees! Oral waarheen ons julle ook maar heen sal bring, sal uitstekend vir julle onderhoud gesorg word, want ons het die bevel van die opperpriestergeneraal gekry om dit met julle te doen!”

8. Die godinne het dadelik toegestem; elkeen van hulle het haar waardevolle besittings saamgeneem en ylings met die soldate en agtervolgers daarvan gegaan.

9. Daar het nog geen uur verloop nie, of die mees vertroude knegte van die koningin met `n sterk afdeling soldate daar aangekom, voorsien van baie toue, swaarde en lanse, wat die opdrag gehad het om die veiligheidstroepe van die generaal te vernietig, en daarna alle godinne vas te bind om hulle vervolgens te vermoor en by die vrouens van Waltar te plaas.

10. Maar hierdie keer het die koningin nie geslaag om haar plan uit te voer nie; wat sy egter daarna gedoen het, sal die vervolg toon.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205