`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 262

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die woede van die koningin. Die listige hoofman Drohuit bring die koningin tot bedaring

(23 April 1844)

262 Toe die getroue knegte van die koningin, met hulle groot troepemag, die woning van die godinne, tot hulle groot verbasing, heeltemal leeg aangetref het, het hulle dadelik weer teruggekeer en dit aan die koningin vermeld.

2. Maar toe die koningin dit gehoor het, het sy tekere gegaan soos duisend furies en het letterlik van woede geskuimbek en gesweer om die bitterste wraak op die opperpriestergeneraal te neem.

3. Die hoofman van die knegte van die koningin, wat egter `n baie mooi man was en van wie die koningin heimlik gehou het, het haar die genade versoek om enkele woorde alleen met haar te mag praat.

4. Die koningin het haar liefling graag toegestaan waarna hy haar gevra het, en het hom gebied om haar na `n klein syvertrek te volg.

5. Die hoofman het die koningin baie bereidwillig gevolg; en toe hy alleen met haar was, wou sy dadelik weet wat sy bedoeling was, dat hy alleen met haar wou praat.

6. Maar in plaas van om dadelik te praat en antwoord te gee, het die hoofman homself baie vinnig heeltemal naak uitgetrek en het toe aan die koningin gesê:

7. “Allerhoogste gebiedster oor my lewe en oor my dood! Slegs in hierdie toestand kan ek in alle opregtheid met u praat, want so naak soos ek nou voor u staan, so onbedek waar is dit ook wat ek nou sal sê! Vanweë my oneindige liefde vir u, o bekoorlike koningin, luister na my:

8. O koningin, wie my hart duisendvoudig oorwin het. Om deur u hand te sterf, sal vir my die grootste wellus wees. O koningin, wat my alles is, oor alles wat u aangenaam en dierbaar is in die wêreld versoek ek u, koester terwille van u en my saligheid nie langer wraakplanne teen die generaal van die priesterskap nie, want wat u ookal wil doen, u sal oral te laat wees!

9. Dink u, my lewe, o koningin, dat u eggenoot die mag in sy hande het? O, dan vergis u uself geweldig! Ek sê vir u: Gurat dra slegs die naam van koning en staan as koning slegs in hoë aansien as innige boesemvriend van die generaal! Maar wee ons almal, as ons dit deur een wending so ver bring, dat die generaal ons almal tot vyand word!

10. So naak as wat ek nou voor u staan, so waar en gewis is ons dan ook saam met die koning binne enkele minute verlore! Reeds nou staan so `n vyfhonderdduisend soldate rondom die groot paleis van die generaal in slagorde opgestel; één wenk van hom en binne `n uur lewe ons nie meer nie.

11. Hy het die koning nou al vir enkele dae nie besoek nie en laat hom ook nie by hom kom nie, hoewel hy so pas weer `n nuwe poging aangewend het om die generaal weer vir hom te win. Ja, hy wil u selfs aan die generaal as geskenk gee, as hy hom maar net sy vriendskap sou toesê.

12. Daaruit, o koningin, kan u aflei hoe groot die mag van die generaal is en insien hoe gevaarlik die plan teen hom is!

13. O koningin, maak my dood, wanneer ek u met hierdie naakte waarheid beledig het, maar ek kon die mag van my liefde vir u nie weerstaan om u te waarsku teen wat u volledige ondergang sou kan word nie!”

14. Hiervoor skrik die koningin vir die eerste keer en het gesê: “My liewe hoofman, ek dank jou vir hierdie waarskuwing! Maar nou wil ek ook raad van jou hê oor wat ek moet doen om nie in die mag van die generaal te beland nie!”

15. En die hoofman het gepraat: “O koningin, gee my vandag tyd, om vir u te sorg, en môre sal ek vir u `n uitweg wys !”

16. Daarop het hy die koningin omhels, homself weer aangetrek en gaan toe weer na die groot saal; maar die koningin het in die vertrek agtergebly en het haar kamerbediendes laat roep.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205