`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 264

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vervolg van die helse intrigespel. Drohuit by Fungar-Hellan. Die generaal in die strik geloop

(25 April 1844)

264 Nadat Drohuit Agla duidelik ingelig het oor dit alles wat sy moes sê, ingeval Fungar-Hellan sou kom, het hy dadelik na sy paleis gegaan, maar dit het hom baie moeite gekos om by die generaal uit te kom.

2. Toe hy uiteindelik met die grootste moeite tot die generaal deurgedring het, het hy hom met grimmige erns gevra: “Waar kom jy vandaan, vermetele verraaier van jou lewe, en wat voer jy in die mou met jou boodskap? Praat vinnig as jy nie dood wil wees voordat jy jou mond geopen het nie!”

3. Aanvanklik het Drohuit wel van hierdie onvriendelike ontvangs geskrik, want so woedend het hy die generaal nie verwag nie; maar na `n rukkie het hy moed geskep en ook met `n baie ernstige stem aan Fungar-Hellan gesê:

4. “Vriend, as jy my so ontvang, terwyl jy tog die een is wat my eintlik my amp aan die hof gegee het, en altyd my mees getroue vriend was, sê ek, ondanks die baie groot belang van die onderwerp wat ek jou te meld het, geen woord nie, hoewel jy en elkeen se welsyn daarvan afhang, soos wat die lewe afhang van die hart! Jy kan `n swaard neem en my doodmaak saam met my hoogs belangrike geheim, wat buiten my, geen ander sterflike wese op die wêreld ken nie!”

5. Na hierdie verklaring het die generaal vriendeliker geword en gesê: “Vriend, kalmeer, dit was slegs my eerste opwinding; maar nou herken ek jou weer as my vriend, wat my reeds menige goeie dienste bewys het en miskien nog baie sal bewys! En daarom versoek ek jou, sê wat jy het en ek sal my oor teen jou mond lê!”

6. Daarop het Drohuit hom opgerig en gesê: “Goed dan, hoor my aan!

7. Kyk, jy is nou geweldig woedend vir Gurat, jou beste vriend, en wil die koningin om die lewe bring! Maar luister na wat ek jou nou sal meedeel:

8. Solank as wat die aarde deur mense en diere bewoon was, was daar nog nooit `n groter ongeregtigheid en nog nooit `n swarter ondankbaarheid as nou in jou gedrag, ten opsigte van die koningin en die koning nie!

9. Vertel my net, wat is `n geredde aan die redder van sy lewe verskuldig? Meer vra ek jou voorlopig nie; maar dit moet jy vir my sê!”

10. Die generaal het Drohuit met groot oë aangekyk en hoogs geprikkel gesê: “Wat sê jy nou? Praat duideliker! Verklaar jou van naderby, sodat ek my kan haas om die redder van my lewe te aanbid!”

11. En Drohuit, wat heimlik oorwinning geroep het, het hom weer opgerig en gesê: “Ek sê vir jou voorlopig niks anders as die volgende nie: Die koningin, wat jou liefhet soos haar regteroog, en vir wie se verderf jy alle moeite gedoen het, dieselfde koningin is die redder van jou lewe op `n manier wat die wêreld tot nou toe nog nooit meegemaak het nie!

12. Meer sê ek jou nie; maar gaan na haar toe en jy sal van haar hoor wat sy vir jou gedoen het! Daarna kan jy haar doodmaak, as jy dit oor jou hart kan kry!

13. Mag jy miskien verdenking koester oor my verklaring, neem dan `n geleide saam; en hier is die geloofsbrief wat die koningin self aan my oorhandig het vir jou. Daaruit kan jou tog maklik aflei dat ek beslis geen verraaier teenoor jou is nie!”

14. Hierop het die generaal geroep: “Agla, jy deur my miskende! Jy grootse koningin van al my gedagtes! Deur jou onbegryplike wreedheid sou jy my die lewe gered het?! Vooruit, na haar toe; daaroor moet ek duidelikheid kry!”

15. Hierop het die generaal alles agtergelaat, sy erewag saamgeneem en het onmiddellik na die koningin gehardloop.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205