`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 268

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan se verwonderde vrae aan Drohuit. Drohuit se slim antwoord

(30 April 1844)

268 Toe die eerste verbasing en die ontsettende verwondering na `n tyd ietwat by die drietal oor was, het Fungar-Hellan Drohuit met groot oë aangekyk en gepraat: “Drohuit, jy is oftewel `n afgesant van die goeie gode en van die ou God van die toorn, Wie ook goed is, solank `n mens Sy wil presies gedoen het; maar handel mens ook maar enigsins in stryd daarmee, dan word Hy baie gou vervul van toorn en wil Hy die hele aarde vernietig.

2. Dit kan dus wees dat jy `n afgesant van hierdie God is! Wel, jy is `n afgesant van die onderste en mees skrikwekkende hel uit die eie woonplek van Satan, want anders was dit absoluut onmoontlik dat jy alleen agter hierdie geheime sou kom wat onbekend aan my sou gebly het.

3. Kyk, in hierdie groot stad, wat tog meer as honderdmaal duisend huise tel, gebeur niks en kan ook niks gebeur wat my nie reeds byna, op die oomblik dat dit gebeur, bekend word nie! Welke duiwel, welke Satan moes dan hierdie sameswering gelei het, sodat dit vir my waarneming verborge gebly het, tot op dié smadelike oomblik, waarop ek dit nou uit die vurige mond van Agla ervaar het?!

4. En hoe het jy agter hierdie werklik afskuwekkende, waarlik sataniese sameswering van die hel gekom? Slegs dit wil ek van jou weet, dan sal ek heeltemal gerusgestel wees; kan jy dit egter nie aan my vertel nie, dan sal jy alle leeus, tiers, hiënas, wolwe en bere as geselskap kry!”

5. Maar Drohuit het daarop gesê: “Vriend, jy praat asof jy volledig van dag tot dag van alle omstandighede in hierdie groot stad op hoogte is?! Ek sê vir jou: Slegs die maskers sien jy, maar nie die dieper geleë verhoudings nie!

6. Wie kan my gedagtes aan jou blootlê? Kan ek nie sodanig praat en gefingeerd handel, dat jy my woord en handeling as verdag moet aansien nie, terwyl ek in my gedagtes `n heeltemal ander plan koester, slegs vir jou welsyn?!

7. Of ek kan baie regverdig voor jou oë praat en handel; maar kan jy in my geheime gedagtekamertjie sien of daar geen uiters fyn, gedagte verraad het wat op jou ondergang, en op jou hardnekkige groot vertroue op jou alwetendheid, loer nie?

8. En so het jy ook by die spreek en handeling van jou skoonheidsgodinne, nie gemerk dat hulle in verborge hoeke giftige boompies gekweek het vir jou ondergang nie, en hoe hulle `n hele spul onwaarskynlike, maar soveel werksamer moordwerktuie vir jou gereed gemaak het nie!

9. Maar waarom? Dink aan die nuwe belasting wat deur jou aan hulle opgelê is en aan die gebod dat geeneen van hulle ooit, op straf van die dood, swanger mag raak nie, en jy sal die rede van so `n sameswering baie gou insien!

10. En soos Agla aan jou gesê het, sê ek ook aan jou: Gaan daarheen en oortuig jou van alles, en kyk dan eers of ek ryp is vir jou geselskap van leeus en soortgelyke diere!”

11. Fungar-Hellan was heeltemal oorbluf oor hierdie woorde en het nou na die tuin van die skoonheidsgodinne gegaan om hom daar van alles te oortuig. En weldra het die hele geselskap daarheen gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205