`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die deur God gewilde beperking van die menslike kennis. Die uiteensetting van die Heer oor die manlike en die vroulike in God en mens. Die skepping van Lucifer.

(28 April 1843)

27 Daarop het hulle voortgetrek en niemand het gedurf om `n woord tot die Heer te rig nie, ofskoon al drie, dus Henog nie uitgesonder nie, `n nuwe knoop in hulle saamgedra het, waarvan die onmoontlikheid om dit te ontknoop hulle meer gedruk het as `n baie gewigtige swaar klip.

2. Maar aangesien die Alwetende dit tog baie goed gemerk het, wend Hy Hom tot Henog en sê aan hom: “Kan by jou ook nog dinge wees waarop jy kan broei soos `n hen op los eiers?!

3. Ek sê jou egter dat dit nie so moet wees dat die mens in alle dieptes van My Wysheid moet deurdring tydens sy aardse lewe nie, want daarvoor het Ek immers `n ewige lewe vir julle voorberei!

4. Julle wil Ek verlos van dit alles wat julle so swaar druk; maar slegs aan julle en aan niemand anders sal dit vertel word nie! Luister dus na My:

5. Ek is tegelyk `n man en `n vrou in die diepte van My godheid; maar nie soos julle dit begryp nie, maar slegs as volg:

6. As man is Ek ewig die liefde self, die vrye lewe self en alle mag en daadkrag self; daarom openbaar die egte liefde homself in elke man as die volledige ewebeeld van My liefde, waartoe die bors van die ydele vrou wel ewig nooit in staat sal wees nie.

7. In daardie manlike ewebeeld van My liefde is die man dan ook kragtig soos Ek, en magtiger in sy bors as alle vrouens in hulle los borste, wat wel melk bied aan die vlees van `n kind om dit te soog, maar nie die melk van die innerlike lewe aan die gees kan bied nie, omdat die hoë, sterk liefde van die man nie in hulle bors woon nie, ofskoon dit wel daarin sou kan woon, indien die vrou vanself nie so dwaas en ydel sou wees nie!

8. So is Ek van die ewigheid as Man bepaal deur Myself; julle kan dit begryp!

9. Aangesien ek egter ook in die vrou tuis is, moet Ek dan nie ook die vrou heeltemal in My bevat nie? Sekerlik; luister, hoe kon Ek anders `n vrou skep?!

10. Hoe dit egter moontlik is, wil Ek dadelik ietwat aan julle verduidelik; want in die vrou lê immers lis en verstand, `n skerp gees en slimheid steeds begrawe; netso praat die vrou ook nooit openlik nie en probeer steeds haar lig en haar hart te verskans. Wie dus op die bors van die vroue vertrou, bou op los sand.

11. Daarom kan Ek vanuit My vroulike sfeer ook nie net so begryplik praat as vanuit die van die man nie, omdat die vroulike deel uit die Lig van My liefde stam en as Wysheid, hoewel nie in Haarself nie, soos die stralende Lig is wat uit die verhewe oorspronklike oerlig stroom.

12. So is die vrou dan in My die ewige stralende Lig van die Wysheid, wat ewig sonder ophou in gelyke krag en sterkte in die Liefde opgewek word.

13. Hierdie Wysheid is die ewig onafskeibare ware vrou van God se liefde, met wie Ek as ewig enigste God tog alle dinge verwek en geskape het, en daar was in ewigheid nooit `n ander vrou nodig vir My, die enigste, ewig ware God van liefde nie, die Man van ewighede af, ewig die Eerste en ewig die Laaste!

14. Ewig skep Ek met hierdie getroue vrou van My, tallose miljarde wesens, wie vir My sigbaar was, hoewel nog geen enkele wese hom kon en mag beskou het in homself nie.

15. Dog in My was ook ewig besluit om eens al die eindeloos baie in My gees verwekte wesens, buite Myself te plaas sodat hulle  hulleself en My kon leer ken!

16. Daar het `n wil van My uitgegaan, en `n bo alles magtige “Laat dit geskied” volg dit na deur al die eindelose verre dieptes van die mag en die helder verligtende heerskappy van My ewige Godheid.

17. Toe ontstaan uit al die ewig baie uitgaande strale,- luister en begryp dit,- één wese, één draer van al dit wat van ewigheid uit My, die Man en ewige Vrou, ooit in één gevloei het, in die strale van een wese, diep geestelik, eindeloos en ewig helder.

18. Dié draer was die nuutgeskape vrou en sy was vry gevorm tot `n groot versamelplek van al die wesenlike Lig, wat van ewighede in werklike oorvloed uit My gestroom het, sodat in haar die uitgegane vloed van wesens moedig en vry volledig sou rypword in die warmte van My voortdurende genadestrale, en sigbaar teenoor My, aangenaam deur vrye lewe, en so ook in staat om My te sien deur die Lig van My liefde wat Ek aan haar gegee het.

19. En luister, die verwekking is geslaagd; julle sien en vat reeds aan My, julle Skepper!

20. Maar nog is die tyd van die volle vrug en die oes nie heeltemal ryp nie; groot dinge het ook groot tye nodig!

21. Begryp dit, maar swyg; want tydens `n soortgelyke wordingstryd om eens tot groot rypheid te kom, is dit nie goed om te veel te praat nie!

22. Want te gelegener tyd sal Ek dit soos aan julle, weer opnuut op My aarde verkondig, en julle baie latere kinders sal dit in hulleself vind en hulle losmaak uit die aarde! Amen.”

23. Hierop het die drie hulle op hulle bors geslaan en gesê: “O oneindige Wysheid van God! Wie sal Jou ewig ooit begryp?!”

24. Maar die Heer het gepraat: “Swyg nou oor dit alles, want kyk, die kinders snel My reeds met uitgestrekte arms tegemoet! Laat ons hulle ook daarom vinnig tegemoet gaan! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205