`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 270

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Drohuit en Gurat se verslag aan hulle byvrouens. Die verydelde vlug. Drohuit en Gurat se suksesvolle toevlug tot lis en huigelary. Die versoening

(3 Mei 1844)

270 Toe beide, naamlik Gurat en Drohuit, tuisgekom het in die koninklike paleis, het hulle ander byvrouens hulle tegemoetgekom en hulle gevra hoe die saak met die vreeslike Agla afgeloop het.

2. En Drohuit het geantwoord: “Geliefde vrouens, sleg, meer as sleg vir ons almal! Want Agla het die huweliksband tussen haar en ons genadige koning verbreek en, asof sy sonder man was, haar hart en haar hand opnuut aan Fungar-Hellan gegee! En hierdie feitelike muiter ten aansien van die geheiligde regte van die koning, het daardeur sy lank gekoesterde wens vervul. Mag die hede deur hom verworwe gewin net sulke vrugte vir hom bring, as wat dit ons goeie koning gebring het! Dit is die enigste wat ek hom toewens!

3. Maar ek was `n enorme esel dat ek byna my lewe vir dié helse ondier gewaag het! Het ek haar by Fungar-Hellan goed swartgesmeer, dan het sy beslis nie meer geleef nie; maar ek was dom genoeg om haar te verontskuldig en so onskuldig en regverdig moontlik te maak ten opsigte van die generaal!

4. En my loon en dit van die koning is nou dat sy ons die rug toegekeer het, en dat ons almal hoogs waarskynlik binnekort die eer sal hê om deur `n heeltemal onskuldige puntjie van `n giftige naald ook baie eenvoudig en onskuldig in die gras sal byt; of ons sal met sagte woorde gedwing word om die stad Hanoch vir goed te verlaat om dan êrens te midde van tiers, hiënas en bere onderdak te soek! Wat dink jy, Gurat, het ek gelyk of nie?”

5. En Gurat het gesê: “My vriend, as dit aan my geleë was, dan sou ek van mening gewees het dat ons vandag nog ons skatte mooi moet bymekaar maak en ons gedurende die nag uit die voete moet maak; want môre, soos ek dit sien, kan dit al te laat wees!

6. Ontbied daarom dadelik al my bediendes en gee hulle, onder die seël van streng geheimhouding, terwille van ons en hulle eie welsyn, hierdie instruksie! Honderd kamele moet ons skatte dra, honderd ons mondvoorraad en honderd onsself met ons hele gevolg na `n verafgeleë streek van die aarde; want van nou af aan sal ons nie meer in dié groot wêreldryk staande kan bly nie!

7. Die volk is tot op die hoogste graad afgestomp, en die beteres hang van suiwer bedrog, lis, huigelary en politiek aanmekaar; die eintlike heerser is egter sonder meer ons vyand en sal dit soveel te meer wees, omdat hy sekerlik streng na die pype van Agla sal dans, wat ons nou beslis sal haat, omdat ons nie dadelik uit suiwer vertwyfeling vanweë haar verlies tekere gegaan het nie!”

8. Hierop het Drohuit deur die venster gekyk en tot sy groot verbasing vir Agla saam met Fungar-Hellan die paleis sien nader en hy het die koning daarop gewys.

9. Toe die koning dit gesien het, het hy uitgeroep: “By alle geeste, nou is ons verlore!”

10. Maar nadat Drohuit alle vrouens weggestuur het, het hy aan Gurat gesê: “Vriend, nou gaan dit oor lis teen wreedheid! Nou vinnig ons klere skeur, dan op die vloer gaan lê en vreeslik kerm en rou, dan sal alles weer regkom!”

11. Gurat en Drohuit het dit onmiddellik gedoen, en hulle het nog maar nouliks `n paar minute so gekerm, of daar het Agla en die generaal deur die deur na binne gekom en diep geroer na beide toe gegaan, en wel eers na Gurat, en hom gevra wat met hom verkeerd was.

12. En hy, ietwat vermanend aan homself, het uitgeroep: “O Agla, Agla, jy hemelse! Ek mis jou; hierdie smart verteer my! Ek moes jou wel uiterlik laat gaan het; maar ag, my hart, my hart, dit kan nie meer van jou skei nie!”

13. Hierop het Agla die koning getroos en gesê: “Huil tog nie so nie! Sien, ek is weer by jou en sal by jou bly en jou met alle teerheid bemin; en Fungar-Hellan bly ook ons innigste vriend!”

14. Toe het Gurat weer opgestaan en Agla sowel as Fungar-Hellan om die hals geval. En toe was ook Drohuit in `n beter stemming.

15. Hierna die vervolg!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205