`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 271

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Drohuit se gehuigelde woorde tot Agla. Die sataniese Agla in Drohuit se net. Die twee susters van Agla as loon vir Fungar-Hellan en Drohuit

(4 Mei 1844)

271 Toe Drohuit ook met sy aangeplakte verdriet bygekom het, natuurlik slegs op die manier van komediante, gaan hy ook baie verleë na hulle toe en het die kleed van Agla gesoen, en het hy Fungar-Hellan met die grootste eerbied gegroet en vervolgens aan hom gesê:

2. “Ek het immers aan Gurat, wat in volledige vertwyfeling wou versink het, as gerusstellende getroos en gesê: “Vriend, laat jou troos; vertrou op die gode, en vertrou in hoë mate jou mees opregte en edelste vriend, en bou soos op `n marmergrond op die liefde van die hemelse Agla, en spoedig sal jy jouself daarvan oortuig dat hierdie saak `n baie ander aansig het as wat jy jou nou in jou groot verdriet voorstel!” Maar hierdie woorde het nie gehelp nie, en hy het tekere gegaan soos tevore.

3. Na `n tydjie het ek sy hand geneem en wederom met hom gepraat: “Vriend, koning van die groot ryk, Gurat, luister na my! Jy vergis jou grondig as jy die karakter van die hemelse Agla ook maar in die minste aan die van ons gelykstel! Want kyk, sy is die dogter van `n man op daardie heilige hoogte wat deur die eerste mense op aarde bewoon was; maar ons is immers geen mense meer nie, maar nouliks moeë skaduwees van die mensdom!

4. Daarom moet ons ons ten opsigte van Agla ook as skaduwees beskou, want alleen sy is nog menslike werklikheid en ons is nog maar nouliks skaduwees in die avondson en ons waan ons om groot te wees van karakter, terwyl ons tog almal niks is, wat karakter aanbetref, ten opsigte van die hemelse Agla nie!

5. Wil ons ook maar enigermate aanspraak maak op die hoë eer om mense te word, dan moet ons saam met Agla wandel, soos `n skaduwee met ons liggaam, en nooit dink dat sy haar ooit aan ons natuur kan besondig nie!”

6. Toe ek dit aan Gurat gesê het, het hy bietjie rustiger geword, maar het desondanks nog baie gely en het baie gou weer in sy grenslose treurigheid verval en luid geroep: “Agla is my hart en Fungar-Hellan my hoof! Geeneen van beide kan ek verloor, sonder om my lewe te verloor nie, en tog is ek een van beide kwyt, Agla of Fungar-Hellan!”

7. Toe ek dit van hom gehoor en ingesien het dat al my gegronde troos by hom heeltemal vrugteloos gebly het, het `n diep swaarmoedigheid my oorval, en het ek ook in `n groot treurigheid verval!”

8. Na hierdie woorde, of beter, na hierdie ter plaatse suiwer versinde leuen, gaan Agla, deur en deur geroer na die nog baie heeltemal van stryk gebringde spreker toe, gryp sy hand, druk dit teen haar hart en sê:

9. “Jy het jou nog altyd as my vriend bewys en staan daarom ook altyd by my in groot genade; maar so sterk soos hierdie keer, het jy jou nog nooit as my vriend en die van die koning en Fungar-Hellan betoon nie! Daarom wil ek jou ook sodanig beloon soos niemand in hierdie stad tot nou toe beloon was nie!

10 Kyk, ek het nog twee susters wat nie in skoonheid vir my terugstaan nie! Hulle sal ek laat kom, een vir jou en een vir Fungar-Hellan, sodat ek by Gurat kan bly; en ek dink dat hierdie prys `n band om ons heen sal vleg wat geen mag ooit sal vernietig nie!”

11. Met dié voorstel was almal tevrede en daar was dadelik aanstaltes gemaak om hierdie susters van die hoogte te gaan haal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205