`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 273

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die loflied van die herders die volgende môre. Die woord van Bo aan die herders. Die ontmoeting van die karavaan met Mahal en syne

273 Toe die nag verby was, waarin die herders soos gewoonlik heelwat met wilde diere te kampe gehad het en die son op die punt gestaan het om op te kom, het alle herders neergeval en God geloof en geprys omdat Hy hulle hierdie nag so magtig beskerm en strydend teen die wilde diere bygestaan het, en hulle het tot Hom gebid om hulle verder by te staan.

2. Maar `n Stem soos `n magtige donder het deur die lug gekom en tot die herders gespreek: “Jaag die vet kudde huiswaarts en bring hulle in die stal van My kneg Noag! Want sy broer Mahal sal hierdie kudde voortaan nie meer nodig hê nie; want hede het hy besluit om met sy dogters na die laagte, wat vervloek is, te trek om sy geluk daar te soek.

3. Maar Noag sal vir julle werk opdra, wat Ek aan hom sal toon. Indien julle My wil by Noag getrou sal voltrek, dan sal Ek julle op die dag van die oordeel nie My toorn laat proe nie; maar as julle sal mor by die uitvoering van My wil, dan sal julle in julle laaste angs, wanneer die dood oor julle sal kom, My gramskap proe! So sal dit geskied!”

4. Toe die herders dié Stem gehoor het, het hulle vooroor op die aarde geval en God die eer gegee.

5. Maar toe hulle weer van die grond af opgestaan het, het die leier van die karavaan na een van die herders gegaan en hom gevra wat se donder dit was, en of die herders die donder begryp het, aangesien hulle dit met sigbare opmerksaamheid beluister het.

6. En die herder het gesê: “Hierdie donder was geen gewone donder nie, want `n gewone donder kom nie uit die helder lug nie! Hierdie donder was die tot ons geoordeelde stem van God en Hy het ons opgedra om die een en ander te doen, en het ons laat weet dat Mahal, wat tot nou toe ons heer was, dit in die vervolg nie meer sal wees nie; want hy sal met sy dogters na die vervloekte laagte trek om daar `n nuwe geluk te soek! As julle hier wag, dan sal julle hom en sy dogters sekerlik spoedig kan ontvang!”

7. Na hierdie woorde het die herders begin om die kudde byeen te roep om daarmee op weg te gaan na Noag, en hulle het die karavaan verlaat; hulle het egter tot byna teen die aand gewag, en Mahal het nie tevoorskyn gekom nie!

8. Toe het die leier gesê: “Waarom was ons tog so dom om die herders te laat gaan?! Wie weet wat hulle hom nou dalk aangedoen het toe hulle hom teëgekom het?! Laat ons hom daarom tegemoet gaan; miskien het hy ons hulp dringend nodig!”

9. Met hierdie woorde het die karavaan dadelik orent gekom en opwaarts getrek.

10. Toe hulle ongeveer drie uur onderweg was, het `n geselskap hulle tegemoet gekom, waarin Mahal saam met sy twee dogters en een seun was. Nadat die karavaan die geselskap ondervra het, het hulle Mahal alles meegedeel wat hy moes weet.

11. En toe Mahal sulke gunstige dinge van die karavaan verneem het, het hy dadelik afskeid geneem van sy begeleiding en baie opgewek en met `n bly gemoed saam met die juigende karavaan na die laagte getrek.

12. (In die vervolg oor sy ontvangs in Hanoch)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205