`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 274

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die aankoms van Mahal en die karavaan by die liefdestempel. Die groot ontvangs in die paleis van die koning.

(8 Mei 1844)

274 Nou het die weg van die gebergte, wat wel die slegste en minste betrede weg was, presies deur die tuin van die skoonheidsgodinne geloop en vlak langs die oop tempel, en ons reisigers uit die gebergte moes dus wel deur hierdie verdagte tuin en naby die tempel verby beweeg.

2. Maar die tempel was nog nooit meer besoek as juis in hierdie tyd nie, noudat oral bekend geword het wat hier alles gebeur het; en so vind dan ook ons geselskap, by wie niks lewendiger was as hulle nuuskierigheid nie, `n massa besoekers by die tempel en hulle wou dit self in oënskou geneem het.

3. Maar die leier van die karavaan het aan Mahal gesê: “Eerbiedwaardige grysaard en deurlugtige vader van ons groot koningin Agla! Kyk, daar is `n groot volksoploop! Dit sou ons `n uur kos om ook maar in die omgewing van die tempel te kom; om nou egter in die tempel self te kom, is sonder enige twyfel volkome onmoontlik!

4. Stel julle voorlopig tevrede met hierdie aanblik van geringe afstand! Maar wil julle dit alles van naderby bekyk, dan sal julle baie maklik in staat wees om alles in geselskap van die koning te besigtig, want wanneer die koning kom, dan wyk die volk dadelik en maak vol eerbied plek vir hom!”

5. Mahal het hom na hierdie verklaring gevoeg en verder met die karavaan getrek.

6. Toe hy in die stad aangekom het, het daar geen einde aan sy verbasing gekom nie. By elke paleis het hy gaan staan en het alles in `n hoë mate bewonder.

7. Sy kinders was ook vervul van verbasing. Die seun, Kisarell genaamd, het meermale gevra of dit wel deur mense gemaak was.

8. So het die skitterende verkoopsale die oë van beide dogters onweerstaanbaar aangetrek, en die een, sowel as die ander, het by elke nuwe magasyn gevra of die mooi dinge te koop was en van wie hulle was.

9. Die leier was byna hees van al die toeligtings en was bly toe hy die groot plein voor die paleis na vier uur bereik het.

10. Toe die karavaan voor die paleis aangekom het, het die koning, die koningin, Fungar-Hellan en Drohuit hulle onmiddellik met `n skitterende hofstoet tegemoet gekom en het die hele geselskap allervriendelik ontvang en hulle saam die paleis ingeneem.

11. Mahal kon homself van suiwer vreugde nie help toe hy sy geliefde en veelbeweende dogter in sulke gelukkige omstandighede teruggevind het nie.

12. En Fungar-Hellan het hom dadelik tot Pira gerig, wat hom dadelik met die eerste oogopslag in vervoering gebring het, en het haar verskeie vrae gestel, waarop die mooie Pira hom baie naïewe antwoorde gegee het, waarmee die generaal baie ingenome was.

13. Netso het ook Drohuit groot genoeë met Gella ervaar.

14. Agla het haar vader en haar broer Kisarell oorgelukkig omarm en kon nouliks praat van geluk. 

15. En Gurat het dadelik `n groot maaltyd bestel en het koninklike klere vir die aangekome verwante laat bring.

16. So was die familie in Hanoch ontvang.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205