`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 276

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal en syne aan die koninklike tafel. Mahal vra na Waltar. Agla se uitvlugte. Die inmessel van Waltar se kop. Mahal in koninklike kleding.

(10 Mei 1844)

276 Daarop begewe die hele geselskap hulle aan die tafel wat met die kosbaarste spyse gedek was, maar Mahal het maar weinig daarvan geëet, want sy verhemelte was nie gewoond aan sulke lekkernye nie, en sy gesonde bergmaag nog minder.

2. Maar soveel beter laat Pira en Gella hul smake beproef, want hulle nuuskierigheid dryf hulle daartoe om tenminste elke spys te proe, hoewel nie in groot porsies nie.

3. Na die maaltyd hou die mense hulle besig met onbelangrike dinge en verdryf die tyd met heerlike niksdoen.

4. Slegs Mahal vra Agla etlike kere na Waltar, maar verkry steeds `n ontwykende antwoord en weet daarom nie wat hy daarvan moet maak nie.

5. Agla stuur in die geheim enkele dienaars na die tuin met die opdrag om die kop van Waltar te verberg, en wel deur dit in `n nis van die tuinmuur in te messel op `n plek in die tuin wat die meeste afgeleë was, en dit onder die seël van die grootste geheimhouding, op straf van die dood.

6. Die bevel word ook die volgende môre presies uitgevoer, want die bediendes van Agla, aan wie dit opgedra was, sê onder mekaar: “Stiptelik gehoorsaam is die boodskap hier; aangesien sy haar eie broer nie gespaar het nie, sal sy ons nog minder spaar! Dit beteken swye!”

7. Toe die arbeiders die volgende môre teruggekom, vertel hulle Agla dadelik hoe en waar hulle die kop van Waltar verberg het.

8. En Agla beloon hulle en gee hulle nog eens die bevel om te swyg, selfs aan die koning, aan die generaal en aan Drohuit.

9. En die dienaars beloof dit alles baie plegtig en gaan vervolgens op hul weg.

10. Toe die vername geselskap weer in die beste saal van die koning byeengekom het, mis hulle vir Mahal.

11. Hulle gaan dadelik kyk wat hy van plan was om te doen, omdat hy nie tevoorskyn gekom het.

12. Toe hulle sy kamer binnekom, was hy juis besig om die koningsklere oor sy onverwoesbare kleding aan te trek.

13. Hulle loof hom daarvoor en trek hom toe onder duisend vleiende woorde na die hoofsaal, waar `n goeie ontbyt alreeds gereed gestaan het.

14. En so was die hele geselskap van die hoogte reeds die volgende dag in koninklike kleding en dit het hulle baie geval.

15. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205