`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 281

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se wyse antwoord aan Fungar-Hellan en sy kritiek op die politiek in Hanoch

(17 Mei 1844)

281 Toe Mahal dit van Fungar-Hellan verneem het, het hy gesê: “My God en my enigste Heer! U sal U ou dienaar tog nie so ver wil verlaat dat hy die nag van die laagte vir `n Lig moet aansien nie?!

2. Fungar-Hellan, dink jy dalk dat die uiterlike menslike verstand hom met die innerlike Lig van die gees kan meet en met die krag daarvan kan wedywer?!

3. Jou woorde klink egter wel verstandig in die ore van die wêreld, maar nietemin is hulle `n gruwel in die ore van die gees!

4. Ja, as jy dit werklik sou bedoel en dit dus die volle, suiwer waarheid sou wees, dan laat sy haarself nog wel regverdig; maar aangesien die rede van julle politiek vir die skynwelsyn van jou volk `n heeltemal ander rede is as dit wat jy my voorgehou het, kan dit nie voor die regterstoel van die gees geregverdig word nie!

5. Jy kan my alles of niks laat sien van hoe en wat julle doen, maar dit sal tog nie in staat wees om die waarhede in my gees te beïnvloed nie, want ek sien immers nou in my gees deur die digte, regverdig skynende, mooi masker van julle staatsinrigting die rotte skelet!

6. Hoe wil jy moeite doen om my `n regverdig en goedgeordende lewe te laat sien, waarin ek niks as anders as suiwer verrotting en aas ontdek nie?!

7. Sodat jy egter kan ervaar hoe ek baie goed in my gees insien hoe dit met julle toestand gestel is, sê ek vir jou: “Jy, Gurat, Drohuit en baie duisende ander grotes glo gladnie hieraan nie, nie aan `n ou, nóg aan `n nuwe God nie, ook nie aan `n lewe na die dood nie, en baie van julle afgodery is dus `n misleiding van die volk!

8. Ja, as julle hulle dieselfde geleer het wat julle self glo, dan sou julle die volk nie bedrieg het nie; want dan sou julle dit tenminste eerlik gemeen het met die volk, en die volk sou geweet het waaraan hulle toe was!

9. Maar julle leuse lui: Illusie, politiek! Julle praat anders as wat julle dink, en deur julle handelinge trag julle steeds maar net om verborge doeleindes te bereik, wat met jou uiterlike, skynbare bedoelings, heeltemal niks te doen het nie!

10. Nou, vriend, vra ek aan jou: Kan `n sodanige stand van sake wel regverdig word aan `n hoogs wyse God, aan Hom Wie die ewige liefde en Wysheid Self is en van daaruit die ewige waarheid, orde en geregtigheid?

11. Daarom hoef ek nie te sien hoe en wat julle doen nie, want ek sien julle innerlike beweegredes!”

12. Hierdie woorde van Mahal het Fungar-Hellan ten seerste geraak, want hy het maar al te duidelik besef dat Mahal sy politiek soos die helderste dag deursien het. Daarom het hy slegs gesê: “In die grond van die saak kan jy wel gelyk hê, maar kom kyk tog desondanks; dan sal jy anders praat!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205