`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 283

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan in die liefdestempel onder leiding van Mahal. Die ontdekking van die rusbank bokant die bedekte afgrond

(20 Mei 1844)

283 Die stoet het na die tempel gegaan. En toe Mahal saam met Fungar-Hellan daar aangekom het, het Mahal aan Fungar-Hellan, met sy hand op die doodskiste van die vrouens van Waltar, wysend gesê:

2. Kyk daar, die egte en enigste ware rede vir die dood van my seun! Die afguns van Agla, my ontaarde dogter, het haar broer gedood vanweë hierdie ongelukkiges en het hulle vervolgens hoogs eiehandig met `n vergiftigde dolk gedood vanweë haar broer!”

3. Toe Fungar-Hellan dit van Mahal gehoor het, was sy ontsteltenis baie groot en hoogs toornig het hy gesê: “As Agla dit alles gedoen het om die rede wat jy my meegedeel het, dan moet sy vandag nog sonder enige barmhartigheid die mees smartlike dood sterf!”

4. Maar Mahal het baie gelate gesê: “O vriend, wen jou nie op as voordat jy nie alles oor die handelswyse van Agla te wete gekom het nie; gaan daarom maar verder saam met my!”

5. Daarop het die stoet, Mahal volgend, die woongebou binnegegaan, en Mahal het Fungar-Hellan deur `n gang na die derde verdieping gelei. Toe hy byna aan die einde was, het hy die generaal `n deur, ja `n deur van verderf gewys! - En vra toe die opperpriestergeneraal wat ondersoekend gekyk het: “Weet jy wel wat agter hierdie sierlike deur is?”

6. Die generaal het sy skouers opgetrek en gesê: “Hoe moet ek dit weet? Ek het hierdie deur immers nie laat maak toe ekself die huis laat bou het vir die mooiste vrouens van Hanoch nie! Wat is daar agter hierdie deur? Praat, en laat my dit sien!”

7. En Mahal het gepraat: “Laat hierdie deur behoedsaam oopmaak deur jou mense en laat ons kyk!”

8. Dadelik het Fungar-Hellan die deur met geweld laat oopbreek en het op die eerste oogopslag niks anders gesien as `n smal, sierlike kamer van nouliks een vadem in die vierkant nie, en op die agtergrond `n egte sierlike rusbank.

9. By die eerste aanblik het Fungar-Hellan gesê: “Ek sien hier niks besonders nie!”

10. En Mahal het hom die skag van `n lans laat oorhandig en het daarmee op die knop wat op die rusbank aangebring was, laat druk; en oombliklik het twee vleuels in die vloer van die klein vertrek na onder geopen, en `n diep en duistere afgrond het die verbaasde toeskouers tegemoet gegaap.

11. “Wat is dit dan?” het die generaal geroep.

12. En Mahal het gesê: “`n Goed voorbereide ondergang vir jou, `n onlangse werk van Agla! Sy wou jou hierheen gelok het, en wanneer jy haar sou beslaap het, sou sy met haar hak teen die knop gestoot het, en jy sou hierdie afgrond ten prooi geval het! Hoe geval hierdie installasie jou?”

13. Hierop het die generaal gewoonweg begin te skuimbek van woede en kon nie praat van toorn en boosheid nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205