`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 285

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

`n Nuwe ontdekking: Die geheime leër van Drohuit

(22 Mei 1844)

285 En Fungar-Hellan het gesê: “Waarom sal ek verder met jou saamgaan en die gruwelike maatreëls in beskou wat deur Agla getref is vir my ondergang?! Ek het aan dit alles wat ek tot nou toe te wete gekom het, meer as genoeg, en dit is toereikend vir haar sekere dood, ook al was sy duisend maal jou dogter! Gaan daarom liewer met my saam sodat ek jou iets van my voorsorg laat sien!”

2. En Mahal het geantwoord: “Juis hierdie keer moet jy baie beslis saam met my gaan, want wat jy nou sal sien, sal van die grootste belang vir jou redding wees!

3. Wat jy tot nou toe gesien het, was mislukte maatreëls wat slegs bedoel was om jou persoon te dood; maar wat jy nou sal aanskou, dit dreig om al jou mag met één slag te vernietig! 

4. Volg my daarom vinnig, sodat ons nie te laat daar aankom nie, want wat ek jou nou moet laat sien, is nie in hierdie tuin nie, maar in `n ietwat meer afgeleë deel van hierdie stad. Laat ons daarom vinnig opbreek en verder trek!”

5. Na hierdie woorde het Fungar-Hellan dadelik sy hele gevolg byeengeroep, en die hele groot geselskap het vertrek, Mahal volgend. En hulle gaan deur afgeleë stege en strate van die stad en het na twee uur op `n groot, oop plein binne die groot stadsmuur gekom, waarvan Fungar-Hellan, vreemd genoeg, niks geweet het nie.

6. Daar aangekom, het Mahal aan Fungar-Hellan gevra: “Vriend, ken jy dié plein?”

7. En Fungar-Hellan het volkome verbaas geantwoord: “Waarlik, ek is tog in hierdie stad gebore en kan my nie herinner dat ek dié plein ooit gesien of ooit op die een of ander manier daarvan gehoor het nie! Wat is dit met hierdie plein, wat groot genoeg is om eenmiljoen soldate op te stel?”

8. En Mahal het gesê: “Vriend, slegs `n bietjie geduld, en jy sal insien wat hier gebeur! Kyk nou skerp na die verste geleë hoek van hierdie ruimte, waarvoor mens wel `n uur sou nodig hê om regstreeks daarheen te loop, en dadelik sal `n beweging van baie mense jou opval!”

9. En Fungar-Hellan het skerp gekyk en het baie gou `n baie groot leër bemerk wat na die plein gemarsjeer het.

10. Hier het Mahal weer aan Fungar-Hellan gevra: “Vriend, jy het gesê dat jy so `n helder verstand besit en alles weet wat daar in die hele ryk gebeur, weet jy ook dat hier ongeveer eenmiljoen soldate teen jou en koning Gurat, in die gebruik van wapens, geoefen word?”

11. Hier het Fungar-Hellan bleek geword en kon alweer van suiwer woede geen woord uitbring nie.

12. En Mahal het gesê: “Ons mag nie deur hulle ontdek word nie, want dan sal ons verlore wees! Maar ons sal die stad nou weer intrek en daar sal ek jou nog ander dinge laat sien wat van nog groter belang is! Daarom draai ons dadelik weer om, sodat Drohuit, wie hier vooraan loop, ons nie sal herken nie!”

13. Fungar-Hellan het sy hande van verbasing saamgeslaan en Mahal gevolg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205