`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 286

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die geheime sameswering van die sewentigduisend hoë lui in een van die vroeëre skoonheidsinstitute vir vrouens

(24 Mei 1844)

286 Nogmaals het Mahal vir Fungar-Hellan deur verskillende afgeleë stege en strate na `n ou gebou van groot afmetings gelei. Toe hy daar aangekom het, het hy bly staan en aan Fungar-Hellan gevra of hy wel weet wat hom nou daar in die gebou afgespeel het.

2. En Fungar-Hellan het gepraat: “Vriend, hoe moet ek dit weet? Ek ken die gebou self nouliks en moet openhartig aan jou beken dat ek dit nou werklik vir die eerste maal in my lewe sien! Want wie is nou in staat om alle geboue in hierdie stad te ken, waarvan daar `n enorme aantal is?! Daarom vra ek jou, omdat jy van alle dinge kennis het in jou siel: Vertel my wat hom hier afspeel!”

3. En Mahal het gesê: “Kyk, hier is `n afgeleë en daardeur baie gunstige versamelplek van tweehonderdduisend muiters teen jou en koning Gurat. Die meer as groot gebou was eens `n skandelike skoonheidsinstituut vir vrouens, maar nou is dit `n huis van muitery.

4. Op die oomblik is sewentigduisend hoë lui van hierdie stad in die baie ruim vertrekke van die gebou en hou onder sewentig voorsittende gedelegeerdes en gedeputeerdes van Drohuit en Agla `n smadelike bespreking teen jou en koning Gurat.

5. Jy sou wel graag na binne wou gaan en jouself van alles oortuig, maar dit sou gevaarlik wees!

6. Daarom begewe ons onsself na daardie vervalle gebou teenoor hierdie groot kasteel, en ons sal daar in `n goeie skuilplek, nouliks `n half uur hoef te wag, voordat jy die versamelde burgers uit die gebou sal sien kom en baie herken!”

7. Na hierdie woorde van Mahal, begewe die hele groot geselskap hulle na die skuilplekke in die ruïne en het daar gewag op die afloop van die vergadering. Daar het nouliks `n halfuur verloop, of die groot poort gaan oop en die uittog het byna anderhalf uur geduur, en onder hulle het Fungar-Hellan menige welbekende, ja selfs verskeie opperpriesters getel!

8. En in die verbygaan het die generaal gemerk dat enkele hooggeplaastes onder mekaar gepraat en gesê het: “Nog één punt moet ons oorwin: Die mag van Fungar-Hellan, wat nog baie trou op sy hand is, moet val. Die sluwe vos het hom weliswaar tot nou toe in geeneen van die aan hom gestelde strikke laat vang en gedood nie, maar dit het nie daartoe gedien nie! Want nou het ons hom tog! Die wyse Agla het hom so ver gebring dat hy selfs sy grootste vyand tot koning gemaak het; hy het nou `n groot mag byeengebring en binne tien dae sal die saak beslis wees!”

9. Toe Fungar-Hellan dit gehoor het, het hy Mahal omarm en gepraat: “Eers nou herken ek jou as my grootste vriend! Nou weet ek alles en sê ek nie meer: “Kom en bekyk my staatsbestel nie!”, maar ek vra jou om my die beste raad te gee oor alles wat ek nou moet doen!”

10. En Mahal het gesê: “Die raad sal volg; maar eers moet jy nog iets bekyk! Volg my daarom vinnig en oortuig jou van alles!”

11. En Fungar-Hellan het dadelik gegaan na waarheen Mahal hom gebring het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205