`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 289

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die onthulling van die kokke. Mahal gee die kokke raad. Die genooide gaste word met geweld na die feesmaal gesleep

(29 Mei 1844)

289 Na hierdie raad van Mahal het Fungar-Hellan dadelik sy kokke en kombuismeesters na hom toe geroep en het hulle beveel om `n maaltyd aan te rig vir duisend persone, en aan die tafeldekkers het hy gesê: “Gaan na die groot eetsaal en dek die groot gastetafels met die goue bestek, en plaas die kosbare stoele en rusbanke om die gedekte tafels!”

2. Nou was die kokke, kombuismeesters en tafeldekkers heeltemal bleek van angs en het hulleself as verlore beskou.

3. Fungar-Hellan het wel die groot verleentheid van sy andersins baie getroue bediendes gemerk en het hulle daarom baie skerp gevra: “Nou, wat talm julle? Waarom word julle nou vervul van angs en skroom?”

4. En die opperkok het gepraat: “Heer, meester, regeerder! Ons dra geen skuld van alles nie! Maar ons moes toesien hoe die onderpriesters, onder leiding van verskeie opperpriesters, die goue fontein, alle voorraadkamers en al die tafelbestek vergiftig het met `n nuwe gif wat hoofman Drohuit aan hulle oorhandig het.

5. Hulle het daarna die vergiftigde spyse op die diere probeer, en hulle het oombliklik krepeer na die verslind van sodanige kos.

6. Wanneer u of die genooides daarvan sal eet, dan sal julle almal ten gronde gaan! En ons durf selfs nie eens die vergiftigde voedsel aan te raak en dit selfs gladnie berei nie!”

7. En Fungar-Hellan het gesê: “Ek weet alles wat julle my nou meegedeel het; juis daarom wil ek hierdie maaltyd gee aan diegene wie so goed en trou vir my gesorg het! My enigste beste vriend hier, wat van die hoogte afkomstig is, sal jou sê hoe julle die spyse moet aanpak sonder dat dit julle sal skade berokken!”

8. Hierop het die kokke, die kombuismeesters en die tafeldekkers hulle tot die ou Mahal gewend en het hom om raad gevra.

9. En Mahal het gepraat: “Gaan haal olie en asyn, en was eers julle hele liggame daarmee, voordat julle die voedsel en ander vergiftigde dinge beetpak! En julle kokke, moet `n nat doek voor julle neusgate bind en die spyse so toeberei, dan sal niks julle skaad nie!”

10. Hierdie raad was dadelik opgevolg, en almal het aan die werk gegaan wat aan hulle opgedra was.

11. Toe roep die generaal die bodes byeen en het hulle beveel om die betrokke gaste vir die aandete uit te nooi.

12. En die bodes het gegaan en die afgesproke gaste uitgenooi.

13. Toe het Fungar-Hellan ook die krygsowerstes na hom toe geroep en aan hulle bevel gegee om die hele groot leër slagvaardig te hou.

14. En dit het alles soos in `n oogwenk gebeur!

15. Die genooides het egter lont geruik en het hulle verontskuldig om te kom.

16. Toe het Mahal gepraat: “Stuur dan nou goed gewapende soldate na hulle toe; hulle moet die genooides vasbind en hierheen sleep!”

17. En Fungar-Hellan het dadelik die raad van Mahal opgevolg, en binne `n uur was daar so `n duisend gaste aangesleep, waaronder ook Agla en Drohuit. Slegs koning Gurat was vrygestel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205