`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 292

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Op bevel van Mahal word die kasteel ontruim en in puin gelê.

(1 Junie 1844)

292 Toe dit verby was en beide die hokbewoners weer hul bewussyn heeltemal herwin het, het Fungar-Hellan weer aan Mahal gevra wat nou moes gebeur; ten eerste met diegene wie hulle boosaardigheid met die dood gekoop het, en ten tweede wat om te doen met die twee wat hulle in die hokke bevind het.

2. En Mahal het gesê: “Laat onmiddellik jou skatte uit hierdie kasteel wegneem en steek hom dan van alle kante aan die brand! Maar ek sê vir jou: Binne drie uur moet jy klaar wees met die ontruiming! Wat in die tyd van nou af gereken, nie uit die kasteel gebring kan word nie, moet aan die vlamme prysgegee word, anders kom die oordeel van God môre oor die huis! En wat die vlamme na tien dae nie sal verteer nie, kan jy dan weer gebruik.

3. En wat beide die hokbewoners betref, bring hulle nou na die kasteel van die koning! Daar moet hulle gedurende die hele brand, hulle werklik ruim hokke bewoon en hulle daar oefen in geduld en deemoed; en die oordeel wat oor hulle gevel sal word, sal afhang van die wyse waarop hulle hierdie verdeemoedigingsproef vir die ware welsyn van hulle siel sal benut!

4. Dit sê ek egter: Wee jou, Fungar-Hellan, en ook jou, koning Gurat, as julle Agla, my ontaarde dogter, ooit weer tot koningin maak; want dan sal julle `n magtige oordeel moet ondergaan!”

5. Na hierdie woorde van Mahal beveel Fungar-Hellan al sy bediendes en die baie bediendes van alle weer op vrye voet gestelde opperpriesters, sowel van die manlike as van die vroulike geslag, wat saam meer as tienduisend was, om die kasteel versigtig binne drie uur leeg te maak en dan die skatte na die groot koningskasteel te dra, en na drie uur hierdie priesterkasteel in alle duisende hoeke en gate aan die brand te steek.

6. `n Besonder groot brand moes in die groot eetsaal by die lyke aangesteek word. En alles wat in die woning van die opperpriestergeneraal was, of dit nou goud of silwer was, mog nie gered word nie. Daarna gebied hy enkele draers om die twee hokke na die kasteel van die koning te bring. 

7. Alles was dadelik sorgvuldig uitgevoer. In die drie beskikbare ure was baie duisende sentenaars goud en silwer en baie ander kosbaarhede uit die kasteel gebring en na die groot koninklike kasteel oorgebring.

8. Nadat die drie uur verstryk was, het mense reeds duisende brandstigters, met brandende fakkels en pikfakkels, na die kasteel van die priesters gesien hardloop, en dit was nie eers `n halfuur nie, of die hele enorme kasteel, wat `n omtrek van twee uur deurgaans gehad het en meer as dertigduisend vertrekke getel het, het in ligte laaie gestaan en die woedende vuursee het in byna geheel Hanoch `n ontsteltenis veroorsaak, soos wat daar sedert die tye van die tien vuurprofete uit die hoogte, nie gewees het nie.

9. Wat verder gebeur het, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205