`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 293

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die verskillende menings van die volk oor die paleisbrand. Die beteueling van die dreigende volksopstand deur die woorde van Fungar-Hellan

(3 Junie 1844)

293 Om die brandende paleis van die priesters was dadelik wagters opgestel wat niemand toegelaat het wat miskien wou help blus nie. Mense het die blussers maar net uitgestuur om na die naasliggende huise van vername en klein burgers te kyk, sodat hulle geen vlam sou vat as gevolg van die groot brand van die paleis nie, wat weliswaar aan alle kante heeltemal oop gestaan het, maar by hierdie geweldige brand tog `n gloeiende vonkereën oor die aangrensende geboue versprei het, wat daardeur aan `n groot gevaar blootgestel was.

2. Die bewoners van Hanoch het hulle koppe gebreek oor wat dit sou beteken. Sommiges het gemeen dat Fungar-Hellan so deur sy vyande ten gronde gerig was. Ander het egter gesê dat Fungar-Hellan geweet het om sy vyande in die paleis in te lok en toe hulle daarbinne was, die kasteel aangesteek en laat afsluit het, sodat sy vyande totaal vernietig sou word; want dit was egter iets vir die sluwe opperpriestergeneraal. En ander het weer gemeen daar is nog enige kennis van die tien vuurprofete, en dat daar nou weer so `n vuurprofeet vanaf die hoogte na benede gekom het, om nou weer sy verderflike vuurwonders te verrig, ten einde hulle van die ou God afgeweke priesterdom te bekeer.

3. As gevolg van sulke menings was daar dan ook `n hele spul nuuskierige ondersoekers na die werklike oorsaak van die verskriklike feit; maar die ondervraagde wagters moes swyg, en so het niemand wat verder nie in die saak ingewy was nie, iets te hore gekry.

4. Daar het daarom `n reëlregte opstand onder die burgery in die stad ontstaan, wat met alle geweld wou weet wat hierdie brand kon beteken.

5. Maar Fungar-Hellan het aan die hoof van `n sterk mag verskyn en aan `n baie vooraanstaande burger gesê: “Wat wil julle dan afdwing deur julle wanordelike gedrag? Keer terug tot die goeie orde, anders laat ek julle almal oor die gloeiende kole jaag! Is ek nie die heer oor my huis en kan ek nie daarmee doen wat ek wil nie?! Wat interesseer dit julle dan nou hoe en waarom ek dit aan brand laat steek het? Trek julle daarom onmiddellik terug, sodat julle nie ook julle dood in sulke vlamme vind nie!”

6. Hierdie woorde van die generaal het die nodige effek gehad. Die hele opstand was besweer en gedurende die brand was baie weinig toeskouers meer sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205