`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 294

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die plaende woorde van Fungar-Hellan tot Agla, wat in die hok was en om vrylating gesmeek het

(4 Junie 1844)         

294 Aangesien Fungar-Hellan homself, gedurende die tien dae wat die brand geduur het, meestal in die kasteel van die koning opgehou het, om sy sake van daar af met die koning te besleg en wel in dieselfde vertrek as waarin beide hokbewoners hulle bevind het, het dit dan ook meermale gebeur dat, veral Agla, hom gevra het om haar uit hierdie allersmadelikste gevangenskap te bevry of haar dan tog dood te maak; want om daar te smag, was te ondraaglik.

2. En die generaal het haar altyd met sy sagste stem geantwoord: “Jy is wel `n wonderbaarlike mooi voëltjie, maar tog ook baie sleg en boosaardig; omdat jy so wonderbaarlik mooi is, sal ek jou nie doodmaak nie. Maar omdat jy so sleg en boosaardig is, sal ek jou in hierdie kosbare hok hou, soos wat mens altyd mooi voëltjies aanhou, wat ook gereeld sleg en boosaardig is wanneer hulle hulleself in vryheid bevind; as hulle egter in die hokke is, dan word hulle egter saggeaard, mak en goed. Wie weet of hierdie mooi hok nie ook dieselfde by jou sal teweegbring nie!

3. Sien, toe jy in die heerlikste lewe van die wêreld vry was, het jy aan niks anders gedink as aan die verdelging van mense wat jou nie aangestaan het nie! Omdat ek jou ook nie aangestaan het nie, het jy al die moontlike probeer om my uit die wêreld te help; maar die ware God het tog nie gewil, mooi voëltjie, dat jou bose lis ten aansien van my sou slaag nie! En sien, ek is nog wat ek was; maar jy is nou nie meer wat jy was nie, maar intussen maar net my liewe, mooi voëltjie!

4. Sien, ek kan nou baie maklik jou mooi koppie laat afsny of jou mooi, sagte lyfie `n bietjie kielie met `n vergiftigde naald! Maar ek is nie so sleg en boosaardig soos jy nie; daarom doen ek dit ook nie en sal dit wel nooit doen nie! Maar om jou vry te laat, kan ek nie doen alvorens ek nie volledig daarvan oortuig sal wees dat jy baie sag en mak sal word nie!

5. Dit sal jou daarom ook aan niks ontbreek in die mooie wellushuisie nie! Jy sal genoeg te eet en te drink hê! Vir jou liggaamlike behoeftes is die klein syvertrekkie wat daagliks driemaal gereinig moet word en goed afgesluit is, sodat daar geen nare reuk in jou neusgate kan kom nie. Jy het ook `n sagte bed daarbinne en `n egte gerieflike rusbankie. Desnoods kan jy in die klein huisie ook `n klein wandelinkie maak. Wat wil jy dan nog meer? Bly daarom maar rustig daarbinne; dit sal jou aan niks ontbreek nie!

6. Drohuit is weliswaar nie so gerieflik daaraan toe soos jy nie, maar in feite kom ook hy niks te kort nie!”

7. Telkens as Agla die generaal gevra het om haar vry te laat, verkry sy dieselfde antwoord en heimlik het sy haar geweldig daaroor vererg; maar sy het haar ergernis verberg om Fungar-Hellan om die bos te lei. Maar Fungar-Hellan was nou baie versigtig en het altyd geluister na wat Mahal hom aangeraai het.

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205