`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 296

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se opheldering oor die wonderbaarlike Stem. Fungar-Hellan se ergernis en aanklag teen God. Mahal se verleentheid oor `n antwoord

(7 Junie 1844)

296 Fungar-Hellan het dadelik na Mahal geloop en hom gevra wat die merkwaardige roep tog kon beteken het.

2. En Mahal het gesê: “Vriend Fungar-Hellan! Hierdie roep het nie uit die mond van baie mense gekom nie, maar glo my! dit was woorde uit die onsigbare mond van God! En hierdie woorde beteken soveel as: God sal weldra `n oordeel oor die wêreld stuur wat sy gelyke nog nooit gehad het solank hierdie aarde deur mense bewoon was nie! Om dié rede sal die opbou van jou kasteel wel weinig meer sin hê!”

3. Hierop het die kwaad geworde Fungar-Hellan aan Mahal gesê: “Maar sê my dan net wat die ou, altyd knorrige God wil hê! Indien ons mense Hom nie geval soos wat Hy ons geskape het en soos wat ons is nie, dan moes Hy ons anders gemaak het, sodat ons dan dit kan wees wat vir Hom die welgevalligste is!

4. Ek moet egter eerlik aan jou erken dat jou God, met Sy voortdurende dreigemente met `n oordeel, Homself in `n hoë mate swak vertoon en van Homself aan ons, Sy skepsele, `n onvolkomenheid openbaar, waarvan geen enkele eerlike mens werklik bewus van is nie! As Hy ons mense al as vrye wesens geskape het, waarom verstrik Hy ons dan in bepaalde wette, wat die natuur, wat aan ons deur Hom gegee is, net so baie teenstaan as die dood self?

5. En as ons, as gevolg van verskillende omstandighede, hierdie wette dikwels onmoontlik kan hou nie, of maak ons voorstellings van Hom en Sy werkende kragte met beelde, wat ons laat vereer deur die volk van Hom, Wie Hom nooit laat sien, geen voorstelling kan vorm nie, dan is Hy onmiddellik daar en begin weer met Sy ou dreigemente oor `n oordeel wat Hy reeds aan Kain geuiter het! Vind jy dit nie uiters dwaas van `n God nie?! 

6. As Hy my bestuur nie goed vind nie, laat Hy dan kom en my wys hoe Hy dit wil hê, dan sal ek dit vorm volgens Sy wens! Maar Hy het `n eeu lank niks gesê nie en gedra Hom asof Hy nie bestaan nie, asof Hy slaap, of dat volkome tevrede oor alles en elkeen is! Daardeur gaan gedurende die lang loop van tye wel baie van Sy eens geopenbaarde wil en die vervulling daarvan verlore! Maar wie se skuld is dit anders as van die Skepper Self, omdat Hy nie te alle tye dieselfde is nie?!

7. As Hy Hom aan die een volk as `n wyse Leraar kan toon, waarom dan nie aan die ander nie?! Is die een volk dan minder deur Hom geskape as die ander?! Laat Hy daarom kom en ons verander of ons vernietig, - maar dan oombliklik, sodat dit afgehandel is met die lastige dreigemente; want waarlik, ek het nou skoon genoeg van dit alles!

8. Jy sal wel sê dat die Heer meer male bodes na ons toe gestuur het! Maar ek sê: Sulke bodes verskaf `n ware God werklik geen eer nie, omdat hulle uiteindelik swakker was as ons, na wie hulle gestuur was!

9. Laat ons byvoorbeeld vir Waltar neem! Vraag: Hoe kan `n wyse God so `n profeet na `n volk soos ons Hanochiete stuur, om ons te bekeer?! Het hy ons nie ver oortref in alle swakhede nie, en tog moes hy vir ons `n deur God gestuurde profeet, `n leraar in God se krag, gewees het!

10. Sê, sê vir my, hoe is dit te rym met jou ou God Wie almagtig en hoogs wys skyn te wees?!”

11. Mahal was totaal oorbluf deur hierdie woorde en het nie geweet wat hy die generaal moes antwoord nie.

12. Maar die generaal het nou ernstig by Mahal daarop aangedring dat hy `n antwoord van hom wou gehad het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205