`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 297

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se verhoorde gebed om hulp. Mahal se reguit woorde aan die generaal en die verkondiging van die komende oordeel. Fungar-Hellan se angs

(8 Junie 1844)

297 Maar toe Mahal gesien het dat Fungar-Hellan steeds meer onbeheers word teenoor hom, het hy ten slotte sy hande ten hemele gehef en gesê: “Grote God! Sien, U ou dienaar en kneg bevind hom in groot gevaar; ontferm U daarom oor hom en red hom deur U groot barmhartigheid en erbarming! O, lê woorde vir hom in sy hart, waardeur hy `n onmagtige rebel teenoor U, o groot God en Heer van alle heerlikheid, kragdadig kan bestry!”

2. Hierop het `n straal van die goddelike krag in Mahal se hart gekom en hy het God gedank en het vervolgens dié woorde tot die generaal gerig:

3. “O jy, absoluut onmagtige wurm van `n mens op hierdie aarde! Jy wil met God twis en deur die bedrieglike argumente van jou verstand en die Allerhoogste en die Allerheiligste van menslike swakhede betig, en jy wil jou wreek op God se Wysheid met jou swak wêreldse verstand?!

4. Ek sê vir jou: Wees bang en beef vanweë jou vergryp teen die onaantasbare heiligheid van God. Want die aarde is nou geen vaste grond meer onder jou voete nie en God se lug sal vertoornd op jou wees, omdat jy God se heiligheid voor my oë geskend het!

5. Sou jy gesê het dat God onbarmhartig sou wees en geen liefde het vir Sy skepsele nie, dan sou dit `n menslike verwyt gewees het wat te vergewe is; maar jy het die goddelike Wysheid en ewige orde aangeval en God tydens jou twis as `n nar uitgemaak, wie se Wysheid selfs deur `n baie eenvoudige mens oortref word.

6. Sien, dit was `n aanval op die goddelike heiligheid en daarom `n onvergeefbare sonde, en hierdie sonde sal die onvermydelike voltrekking van God se oordeel veel vroeër en soveel sekerder oor julle almal bring!

7. Want as daar in die hele ryk één mensehart beter as joune sou wees, dan sou God, vanweë daardie een beter hart, dié ryk nog honderd jaar lank wou ontsien en op verbetering wag!

8. Maar omdat juis jy tot nou toe nog die allerbeste was, ofskoon jy jou met geen haar meer in die goddelike orde bevind het nie en jou nou deur jou getwis heeltemal van God afgeskei het, staan die oordeel voor die deur! En ek sê vir jou: Daar sal nie tweemaal tien jaar verstryk het, voordat jou wêreld hier, nie meer daar sal wees nie!

9. Adam het gesondig ten opsigte van God en God het die hele skepping deur vuur bereg! Die gebarste en verbrokkelde gesteente van die aarde lewer jou daardie onweerlegbare bewys.

10. In Ohlad se tye het God, omdat daardie ryk ook heeltemal van God afvallig geword het, nogmaals `n vuurgerig oor die grondslag van die aarde gestuur, en weer was die berge en die dale grotendeels uiteengeruk deur die geweld van die vuur! Die dwarsskeure in die gesteente gee jou daardie bewys.

11. By dit alles egter, het die Heer die mens ontsien en wou hom slegs die goddelike mag laat sien en hoe nietig die mens ten aansien van God is; maar nou sal God die menslike geslag aanpak en hulle so ver verdelg, soos die vloed van julle sonde reik!

12. Sien, dit is nou die antwoord wat jy wil hê en ek kan jou geen ander gee nie, omdat God my geen ander gegee het vir jou en jou volk nie!”

13. Hierdie woorde het Fungar-Hellan ten seerste bedroef en hy het in groot angs geraak, want hy het `n baie hoë dunk van Mahal gehad en hy het nou nagedink hoe hy God en Mahal weer milder sou kon stem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205