`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vaders verwonderd deur die antwoord van die Heer. Die verdere onthullings van die Heer oor die polariteit in die wese van die man en die vrou.

(3 Mei 1843)

30 Dié antwoord van die Heer aan Muthaël het almal, met uitsondering van Henog, Lameg en Kisehel, volkome versteend laat staan; hulle het geen raad daarmee geweet nie en het hulle in hulle hart baie beswaard gevoel, aangesien alle vaders destyds, tot groot eer van hulle hart, hulle vrouens buitengewoon liefgehad het en hulle as die grootste geskenk uit die hemel beskou het, en baie het die goeie en brawe vrouens ook hoër en beduidend nader aan My geplaas as hulleself. En dit was so om die baie begryplike rede, dat die meisies toe, netsoos die vrouens, baie ingetoë, saggeaard, verdraagsaam, toegewyd, gehoorsaam, vreedsaam en huislik was. Ook was hulle oorspronklike vroulike lieftalligheid en skoonheid beduidend groter, as in hierdie huidige, geestelik sowel as liggaamlik, heeltemal bedorwe tyd.

2. Daarom het dié antwoord by alle vaders so `n diepgaande bevreemding veroorsaak. En hulle het hulle daarom almal tot My gewend en in hulle hart gepraat:

3. “O Heer, allerliefdevolste Vader! Gee ons almal ter gerusstelling oor U verhewe antwoord aan Muthaël `n groter Lig; want dié Lig wat gewerp word oor ons sedelike, allerbeste vrouens maak ons nie gelukkig nie, maar net ongelukkig, omdat hulle na U, tog ons allergrootste goed is en ons U hiervoor in ewigheid nooit genoeg kan dank nie.

4. As die enigsins grof-wyse Muthaël tot nou toe nog nooit geleer het om hulle te waardeer nie, dan het dit tog geen afbreuk gedoen aan die ou, in ons harte gegewe, heerlike goeie orde van U nie, o Vader! Inteendeel, daardeur kom immers juis die egte vroulike in die vrouens binne ons gesigskring, maar net voordeliger en prysenswaardiger na vore, want juis deurdat hulle so vashou aan hulle deugde, moet die man eers verdeemoedig word, voor hy so `n genadegawe van U, o liewe Vader, waardig sal wees!

5. Wanneer `n man hardheid in die vrou aantref, dan is dit sekerlik net sy eie hardheid; het hy dit versag, dan sal hy sekerlik maar net die heerlikste teendeel in die vrou vind!

6. O liewe Vader, laat daarom ons liewe vrouens tesame met ons van bo wees en nie van benede nie!”

7. En die Heer het sy mond geopen en tot die vaders gesê: “Julle praat soos nog volkome blindes in My orde!

8. As julle nie weet wat in die gees “bo” en wat ”benede” wil sê nie, waarom vra julle dit dan nie, maar verlang van My `n Lig oor iets waarvoor julle geen Lig nodig het nie, en moet Ek terwille van julle dwase wens, My hele ewige orde verander?!

9. Sê vir My: Verloor die vrou vir My dan iets, as Ek van haar, ten opsigte van die man, verklaar dat sy van benede is en sodoende teenoor die man die noodsaaklike teenpool vorm, waarsonder die man op homself, nóg die vrou, sou kon bestaan?!

10. Wat sal julle dan wel sê as Ek nou vir julle sê: Julle is ten opsigte van My, almal van benede afkomstig, en alleen Ek is van bo.

11. Hou Ek daardeur dalk op om julle Skepper en enigste, ewige heilige Vader te wees?! Of het Ek nie jou, Adam, uit die leem van die aarde, soos jou vrou, Eva, uit jou rib geskape nie?!

12. Omdat julle almal weet dat “leem” My liefde en die “rib” My barmhartigheid en erbarming beteken, omdat My barmhartigheid en erbarming ook julle lewe insluit, soos die lewe van die liggaam deur stewige ribbes omsluit en behoed word, moet julle julleself tog as volslae blind beskou, as julle `n troostelose verskil vind waar julle juis `n hoogs troosryke verskil sou moet vind!

13. Sê my, wat is prysenswaardiger: Die stralende son self of die van haar uitgaande Lig? Wat beskou julle as hoër?

14. Julle sê vir julleself: “O Heer, die een is immers netso noodsaaklik en goed as die ander!”

15. Goed, sê Ek: As die son op sigself as die gestelde hoogtenorm te beskou is, in wat se verhouding staan die Lig wat van haar uitgaan, ten opsigte van haar?

16. Julle sê: “Dit moet dan tog noodsaaklikerwys oral onder die son wees!” 

17. Goed sê Ek: Maar as die son op haarself geen hoër waarde het as die van haar uitgaande Lig nie, daar die son sonder die uitgaande Lig so goed as glad geen son sou wees nie en ook glad geen waarde sou hê nie, dan sal dit die vrou tog immers ook nie skaad en haar waarde nie in die minste verminder as sy ten opsigte van die man noodsaaklikerwys onderaan staan nie.

18. Ek sê egter: As die vrou is soos sy behoort te wees, dan het sy vir My die waarde van die geregverdigde man en is sy netso goed `n liewe kindjie in My oë as die man; verdwaal die vrou egter, dan sal Ek haar netso goed soek as die man.

19. Maar `n bose vrou is netso goed boos as `n bose man; want die straal uit die son is soos die son self.

20. Daar sal `n tyd kom, dat Ek die straal sal versamel in die vrou om die uitgedoofde son in die man te verlig!

21. Begryp dit, en laat staan julle ou dwaasheid! Wees op die korrekte wyse lief vir julle vrouens, maar maak uit hulle nie meer of nie minder as wat sy van My uit is nie! Dit is genoeg as julle hulle as gelykes beskou; maar meer sowél as minder, is `n sonde!

22. Wie van julle nog iets het, laat hom kom en praat! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205