`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 300

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Agla se deemoedige bekentenis van haar sondes en uitdruklike versoek om bevryding of die dood. Die keuse tussen die dolk en die hok. Agla se begenadiging

(12 Junie 1844)

300 Toe Gurat en ook Fungar-Hellan dit van Mahal verneem het, het hulle hulleself na die ander saal begewe waar beide hokbewoners hulle onder `n deeglike bewaking bevind het.

2. Daar aangekom, het Agla dadelik die volgende woorde tot hulle gerig: “O eerste maghebbers van die ryk, en ook jy, my vader Mahal! Ten opsigte van God en julle almal is ek `n groot sondares, want ek het God se regte en al julle regte geskend en het daarom niks anders verdien as die dood nie! Ek sien nou in dat hierdie straf in die hok vir my veels te lig is; `n gloeiende hok sou passend gewees het vir my sondes!

3. Maar waar leef `n gevange sondaar wat nie na sy vryheid verlang nie, of dit hom baat, al dan nie?! Dit is ook by my die geval! Ek besef nou ongetwyfeld die volle omvang van my misdaad teenoor julle en teenoor God soos miskien wel geen tweede sondaar dit besef nie; maar tog bespeur en voel ek ook die magtige drang na vryheid, wat hierdie kerker tot `n ondraaglike kwelling vir my maak!

4. O neem `n dolk, druk dit in my hart, daarmee sal julle my gelukkig maak! Maar laat my nie langer in hierdie hoogs belaglikmakende gevangenskap nie, want dit kan my tot vertwyfeling en waansin dryf! Doen met my wat julle wil; maar laat my nie langer daar waar ek voortdurend deur die wagters gepla en gehoon word nie!

5. O vader Mahal, en jy, my broer Kisarell, en julle, my liewe susters, het erbarming met my, wie so veelvoudig ongelukkig is! Beskou my as `n deur die hel gevange geneem, verblinde, verlokte en verleide wese, dan sal julle vinnig wel soveel deernis met my hê, dat julle my op tenminste die vurig verlangde dood sal gee!

6. Dink veral nie dat ek ooit weer gevaarlik vir julle sal word nie, want sy wie julle met opgehefde hande om die dood smeek, sal ewig nooit die troon van julle verlang nie!

7. O groot, almagtige God, as my sonde nie so groot was nie, dan sou ek U graag vir my verlossing gesmeek het! Maar ek besef my te groot onwaardigheid ten aansien van U; daarom durf ek nie, U, o heilige, regverdige Vader, aan te roep om mededoë nie! Versag egter tog die harte van U maghebbers hier, sodat hulle my kan doodmaak, sodat ek nie langer blootgestel bly aan die allersmadelikste gespot van die wagters nie!”

8. Na hierdie woorde het Agla bewusteloos in haar hok neergeval en gekreun.

9. Fungar-Hellan het onmiddellik die hok laat oopmaak en Agla daaruit getel en haar laat laaf met goeie speserye, waarop sy weer bygekom het.

10. Toe haar lewenskragte weer teruggekom het, het Fungar-Hellan aan haar gesê: “Agla, bedoel jy dit werklik, dat jy liewer wil sterf as om nou weer na die hok terug te keer? Kyk, hier is `n skerp dolk en daar die hok! Kies nou ernstig tussen beide!”

11. Met hierdie woorde het Agla haar bors dadelik ontbloot en met `n ietwat bewende stem gesê: “Kyk, hier klop my hart, wat baie male bedrieg en gevang was; o verlos dit met die staal in jou kragtige hand!”

12. Hierop het Fungar-Hellan die staal van hom gewerp en aan Mahal gesê: “Hiermee het ek jou dogter alles vergewe; God en jy mag verder oor haar beskik!”

13. En Mahal het gepraat: “As jy haar alles vergewe het, dan is alles van haar ook deur my vergewe! Sy kan egter nie hier bly nie, maar moet saam met ons die veld in trek!”

14. Daarmee was Fungar-Hellan tevrede; en Agla het voor haar vader neergeval en het geween vanweë die groot barmhartigheid wat aan haar bewys was, sodat sy daardeur baie swak geword het.

15. En almal was verheug oor hierdie beterskap van Agla.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205