`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 303

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal se vraag aan Agla oor die swaarste van haar sondes. Agla se goeie antwoord, berou en weeklaag. Mahal se dank aan God. Agla aan die bors van haar vader Mahal

(17 Junie 1844)

303 Na `n rukkie het Mahal aan sy sigbaar herstelde dogter Agla gevra welke van haar begane sondes sy nou as die swaarste beskou het teenoor God en teenoor alle mense, die beveelde broedermoord, of die eiehandige moord op die een-en-twintig vrouens van Waltar, of ten slotte die intensiewe deelname aan die sameswering teen die mag van die opperpriestergeneraal.

2. En Agla het gesê: “O vader, jy weet die beste welke van al my sondes voor God en die mense die grootste is, want ek weet nie hoe ek dit moet beoordeel nie! Maar ek weet goed dat elke begane sonde vir my, ten opsigte van God, in my gees gedood het!

3. O, het ek maar nooit één begaan nie! O, het ek tog maar nie na die laagte gegaan nie, dan was ek nog so rein teenoor God en onskuldig gewees, soos wat ek steeds op die hoogte was! Maar nou het dit gebeur en ek kan die gebeure nie meer ongedaan maak nie! Daarom dink ek dat dit na alles nou `n groot dwaasheid van my sou wees om uit te soek welke van my sondes, volgens die insig van my gewete, die grootste sou wees!  

4. Ek dink dat elke sonde voor God teen Sy heilige orde netso swaar weeg en die gevolg daarvan dieselfde is, naamlik dat dit die ewige dood veroorsaak van die gees van die mens! En wanneer die mens in sy geestelike deel volkome dood is, soos wat  ek dit nou verseker is, dan weet ek tog werklik nie welke sonde my die meeste gedood het nie; want ek dink dat dit daar nouliks te doen het of mens iets meer of iets minder dood is, omdat iemand wat volkome dood is, na my mening tog nie nog meer dood kan word nie!

5. Sien, ek het opdrag gegee om my broer te dood, en dit het my gees volkome gedood! Daarna het Agla nie meer geleef nie; slegs haar liggaamskragte het nou vanuit die dood van haar gees geheers, en so moes dan immers ook elke handeling van haar `n gruweldaad gewees het in die oë van God, asook in die oë van alle geestelik lewende mense! Hoe kon sy ook anders wees? Want uit die dood kan immers slegs nog maar die dood voortkom!

6. Daarom was my daaropvolgende handelinge vir my gewete minder belastend, omdat dit die gevolg was van die eerste handeling! O, het ek nooit die allereerste handeling teen die goddelike orde begaan nie, dan het alle ander agterweë gebly.

7. By die eerste tree na die laagte moes ek dadelik omgedraai het, dan sou ek nog gewees het soos wat ek vanaf my geboorte was en almal wat ek gedood het, sou nog gelewe het! Maar nou is dit te laat en daar bly vir my niks anders oor as die berou oor my eerste stap na hierdie laagte hier nie!”

8. Daarop het die spreekster begin te ween en het haarself bitter beskuldig.

9. Maar Mahal het gesê: “O groot God, ek dank U uit al my mag dat U my hierdie dogter, wat verlore was, nou weer laat terugvind het!

10. Agla, kom nou weer aan die bors van jou vader, want nou het ek in jou weer my dogter herken! Wend jou in jou hart tot God, dan sal jy weer barmhartigheid vind by Hom, die goeie, heilige Vader!”

11. Hierop het Agla dadelik na die bors van Mahal gehardloop en haar hart deur baie trane verlig wat sy op die getroue vaderbors laat val het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205