`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 307

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die afwysing van Fungar-Hellan deur die poortwagters. Die opblaas van die ringmuur rondom die tempel deur middel van myne. Die neersabel van die vyfduisend tempeldienaars

(22 Junie 1844)

307 En die volgende môre, toe die vuuropstande teen die aand van die vorige dag reeds heeltemal verby was, het Fungar-Hellan self, onder begeleiding van sy stoet, tot voor die groot, ysterpoort gegaan en toegang verlang.

2. Maar omdat dit ook nog te veel gevra was, was hy nie herken nie en teruggewys en wel met die woorde: “In die donker kan elke dwaas sê: “Ek is die opperpriestergeneraal Fungar-Hellan en verlang oombliklik toegang!” ; maar is jy die groot Fungar-Hellan, kom dan oordag, en dan sal ons die poort vir jou open wanneer ons jou ongetwyfeld sal herken!”

3. Maar Fungar-Hellan het gepraat: “Goed; ek sweer julle egter by my lewe - as ek oordag my intrede sal doen, dat julle almal, tesame met die opperpriesters en onderpriesters, deur die swaard gedood sal word! Want julle belemmer my om dieselfde te doen wat die ou God van Adam, Set en Henog my opgedra het; daarom sal dit julle almal die sekere dood bring!”

4. Maar die wagters van die poort het gesê en geskreeu: “Sulke skrikaanjaende stellings ken ons al! Gaan daarom maar weg, want so sal jy ook oordag, ook al is jy Fungar-Hellan, nooit binne gelaat word nie, al sou jy hier vir jare op die toegang wag!”

5. Deur hierdie antwoord het Fungar-Hellan se hele wese vol boosheid raak. Hy het hom teruggetrek na sy leër en het die mynwerkers dadelik opgedra om tien treë voor die ringmuur, ses myngange tot onder die muur te grawe en dan onder die muur, groot sakke gevul met korrels sterk springstof te plaas en dit dan te ontsteek, deur middel van die lopende vuur van `n lont, wat verseker brand en nie uitdoof alvorens dit sy diens gedoen het nie. 

6. Op die bevel het seshonderd mynwerkers dadelik aan die werk gespring, die afstand presies uitgemeet en dadelik begin te grawe; en toe die son opkom, was elke afdeling reeds onder die muur. Daarna was die sak met plofstofkorrels in die gange geplaas en die lonte uitgerol en aan die buitekant aangesteek; en binne enkele minute was, na `n vreeslike ontploffing, reeds `n groot deel van die muur in brokstukke uiteengeslinger, en vir die leër was `n breë toegangspoort geopen.

7. Toe die priesters en die groot aantal ander dienaars van hierdie tempel die verskriklike aanslag op hulle heilige muur gesien het, het hulle na die berge gevlug, maar helaas in die strik van die reeds uitgebreide wagposte van Fungar-Hellan geloop, en was hulle gevange geneem en so tot voor die generaal gelei.

8. Hy het heimlik aan Mahal gevra wat hy met hierdie weerspanniges moes doen.

9. En Mahal het gesê: “Hulle is van `n suiwer helse soort; bly daarom by jou bedreiging en laat hulle almal in stukke kap!”

10. En dadelik het Fungar-Hellan dit aan `n leërafdeling opgedra, en hulle het dadelik ingeslaan op hierdie gevangenes wat rondom vyfduisend man getel het; en nie een was daar gespaar nie.

11. Toe hierdie operasie beëindig was, word die verwoesting van die tempel en daarna die slaan van munte van die gevonde goud en silwer eers uitgevoer; en dit alles het net drie dae geduur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205