`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 308

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan en Mahal onderrig die afvaardiging van die heersers van die ertswinning. Die afwysende besluit van hierdie heersers met betrekking tot die bekering tot God

(25 Junie 1844)

308 Toe die tyding van hierdie vernietigingsoperasie hom in die wyd en syd verspreide smelterye die ronde gedoen het, het die werkmeesters hewiglik geskrik en dadelik afgevaardigdes na die kamp van Fungar-Hellan gestuur en het hom onder die gepaste eerbetuigings gevra wat hierdie afskuwelike gebeurtenis sou beteken.

2. En Fungar-Hellan het hulle onderrig oor die ware God en hulle meegedeel dat die hele afgodery nou vernietig gaan word, omdat die ou, ware God andersins Sy reeds sedert oeroue tye aangekondigde oordeel, onvermydelik oor alle skepsele van die aarde sou laat kom, omdat alle afgodery vir Hom, die ewig alleen ware God, `n gruwel van die gruwels was.

3. En eers nadat Fungar-Hellan self dit aan die afgevaardigdes verklaar het, het ook Mahal hierdie afgevaardigdes gemaan tot bekering tot God, en hoe hulle dit ook onder ernstige bedreiging van `n onvermydelike oordeel aan hulle heersers moes verkondig en hulle ook daarby getrou moes vermeld hoe hulle weer barmhartigheid in God se oë sou vind, as hulle hulleself tot Hom sou wend en hoe Hy hulle van die oordeel sou verskoon.

4. Nadat hulle op hierdie wyse onderrig was, het die afgevaardigdes weer teruggekeer en het alles getrou aan hulle heersers bekendgemaak.

5. Hulle het daarna begin om geweldig te vloek en te skel en het gesê: “Kyk net wat `n gril die hoë heersers nou weer het! Elke oomblik maak hulle ander wette en ander gode! Wat het die oprig van al die tempels hierdie koning gekos; hoe was dit nie `n gedoente en wat `n wonderlike ophef alle kante in die hele, groot ryk nie!

6. Nou bestaan die hele boel alles in alles nouliks tien jaar, en is dit afgeloop, seker omdat dit te weinig ingebring het en omdat die grotes die goud en silwer, wat gedurende hierdie tyd in die tempels opgehoop het, nie langer kan ontbeer nie!

7. Nou moet die ou, nietige God weer aan die beurt kom, omdat Hy geen tempels en ook geen geld verlang nie, omdat Hy nêrens en niks is nie! Hy het nie eers `n goedkoop afbeelding van Homself nodig nie, omdat Hy niks is nie, maar slegs as `n God in die leë lug gesien moet word!

8. Maar let op, hierdie jaar word die tempels verwoes en die ou, Gedagtegod weer ingevoer; en die volgende jaar sal dan die belastinggaarders ook weer verskyn en sal daar, in die naam van die koning, beslis weer `n stywe skatting van ons geëis word!

9. Dit is tog `n ware duiwelsbelewenis op die wêreld! Kan die groot leeglopers op aarde dan nooit net in gelykmatige rus en orde hulle beste gebraai verorber nie?! Moet daar dan steeds so `n narigheid wees?!

10. Nouliks heers daar rus vir `n kort tydjie, of binne een handomdraai, kom daar alweer êrens `n hongerige bedrieër van `n profeet vandaan, voorsien van sommige towerkunsies en `n paar plesiermeisies met gladde gesiggies! So `n kêrel begin dan baie brutaal op goeie geluk die groot domkoppe iets voor te speel, en die esels dans dan dadelik na sy pype!

11. Maar hulle kan die vullis van ons agterente wegvreet! Ons sal nie meer langer hulle narre wees nie! Maar nog meer ontlas ons op die nietige, ou God en Sy oordeel waarmee Hy ons dreig!

12. Ons sal dus bly soos wat ons is! En wie nie aan ons kant wil staan nie, moet maar party kies vir wie hy wil, ons sal ons nie daarmee bemoei nie; hy moet net verdwyn na watter party hy ookal kies!” 

13. Dié besluit was die vrug van die verkondiging van die ware God by die baie heersers van die mynbedryf.

14. Welke vrugte die verdere operasies opgelewer het, sal die vervolg laat sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205