`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 309

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die aanval op die stieretempel en die verwoesting daarvan

(26 Junie 1844)

309 Toe Fungar-Hellan die gesantskap van die heersers van die mynbou laat gaan het, wat, soos reeds gemeld, tuis slegte sake gedoen het, het hy die hele leër bevel gegee om op te breek en na die gebied in die taamlike verafgeleë gebergte te trek, waar die tempel van die groot stier was, en om daar net so te werk te gaan as wat hier die geval was met die tempel van die gode van die erts en die smee.

2. Baie spoedig het die groot leër opgebreek en hom verplaas in tweehonderd lang kolonnes, wat elk tienduisend man getel het, die groot hofstoet nie ingereken nie. Binne drie dae word die streek van hierdie tempel bereik, en die hele leër het ongeveer vyf uur vanaf die tempel in `n oop omgewing halt geroep en het daar nadere instruksies afgewag.

3. Toe Fungar-Hellan met sy gevolg aangekom het, het hy `n groot tent laat oprig en het sy hoofkwartier hier gemaak. En toe die owerstes by hom gekom het om nadere gedragsreëls te kry, het Fungar-Hellan aan hulle gesê:

4. “Het ek nie voor die aanvang van die mars hierheen gesê, om hier net so te werk te gaan, as wat die geval by die tempel van die god van die erts en van die smee was?! Waarom moet daar dan nog nadere bevele gegee word?! Julle weet waar die tempel staan en ken die taamlike hooggeleë bergkloof waarin die tempel staan.

5. Omsingel dit ook in drie groot sirkels en laat `n deel dan na die tempel gaan en dit tot op die bodem verwoes, versamel die goud en die silwer, neem alle priesters en ander tempeldienaars gevange en bring dan alles na my toe, en dit sal spoedig blyk wat verder gedoen moet word! Dit is al; gaan voer dit daarom uit!” 

6. En die owerstes het daardie bevel deurgegee aan die leër en hulle het `n slagorde opgestel om dit uit te voer.

7. Binne tien uur was die tempel omsingel en die groot afdeling, wat belas was met die verwoesting, het hom na die tempel begewe en toegang geëis.

8. Maar aangesien hulle taamlik laat in die nag aangekom het, was hulle nie binne gelaat nie.

9. Maar die opperaanvoerder het aan die poortwagter gesê: “As julle ons nie onmiddellik binnelaat nie, sal niemand van julle lewendig daarvan afkom nie!”

10. Hierop het die priesters gekom en gevra waarom hulle hulle op so `n ongewone tyd moes inlaat. En die owerste het die rede duidelik uitgelê.

12. Maar toe was dit dan ook genoeg vir die hele, byna duisend man sterk bevolking van hierdie tempel. Hulle het die ringmuur dadelik opgeklim en het begin om hulle wat toegang geëis het, met klippe te bestook.

13. Maar hulle het hulle teruggetrek en het dadelik myngange gegrawe. Binne enkele ure was dit gegrawe en gelaai met plofstofkorrels, en nog voor die oggendskemering was die hele halfronde ringmuur verwoes.

14. Die strydmag het toe die hof binnegedring, die tempel verwoes en alle priesters en al hulle skatte in besit geneem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205