`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Kenan se verlange na meer Lig oor sy visioen van die tien pilare. Die wyse raad van die Heer. Die skielike verdwyning van die Heer.

(4 Mei 1843)

31 Na hierdie laaste oproep van die Heer gaan Kenan na die Heer toe en het Hom sy eer betoon; en toe hy die Heer van alle heerlikheid sy eer betoon het, wou hy openlik met `n vraag tevoorskyn kom.

2. Maar die Heer was hom voor en het aan hom gesê: “My seun Kenan, waaroor jy My vir `n groter Lig wil smeek, is reeds byna by elkeen hier bekend en by My sedert die ewigheid; daarom hoef jy dit ook nie hier uit te spreek nie!

3. Want Kenan en sy visioen van die tien pilare het nou by die vaders reeds een en dieselfde geword.

4. En as jy iemand, soos ook vir My, oor iets belangrik en diepsinnig wil vra, sien, dan kom jou tien pilare altyd weer uit jou melodieuse gemoed tevoorskyn!

5. Maar Ek sê vir jou: Daar skuil inderdaad iets belangrik agter jou visioen; maar die woorde van Muthaël omvat meer as jou visioen, wat bepaald nie die mees heuglike boodskap in homself berg nie! 

6. Maar Ek het jou tog immers, in jou gees, die volledige betekenis van jou visioen getoon; waarom vertrou jy dan nie meer op jou gees nie?

7. Die tien pilare is immers gelyk aan die tien persone wat daarop staan, hoewel die tiende nog nie liggaamlik in julle midde verkeer nie!

8. Beoordeel dus alles wat tot dusver gebeur het en vergelyk dit punt vir punt met jou visioen langs die weg van die ware, innerlike, geestelike ooreenstemming, en dan sal jy agter die betekenis van jou visioen kom!

9. Dit is gewis en seker dat jou visioen geen gewone droom nie, maar iets meer was en groot geestelike voortekens bevat.

10. Maar beskou die werklikheid voor jou, langsaan, en sê dan self of dit nie in elke opsig belangriker en meer veelseggend is in haar onthulling, as jou hele visioen in sy onduidelikheid nie?!

11. Kyk, so is jou visioen tog maklik te begryp, en jy hoef dan nie, soos die vrouens, altyd met een en dieselfde verhaal tevoorskyn te kom nie!

12. Ek weet goed dat die tiende suil in besonder jou nie met rus laat nie, maar Ek sê vir jou: Wees voorlopig maar tevrede met die nege; wat die tiende betref, dink weinig daaroor na, maar voeg alles in jou hart liewer saam in die liefde tot My, dan sal dit met jou beter gaan as op die baie growwe en donker pad van jou vrugtelose gedagtes oor jou tiende suil!

13. Sien, die suiwer gedagte in jou kop oor dinge wat die donker toekoms nog vir jou gees verborge hou, is net so te beoordeel as wat `n man `n lewende vrug wil verwek by `n man, soos wat hy dit kan doen in `n vrou, wat alles tewens ook die grootste en sondigste hoerery sou wees.

14. Maar wanneer jy jou gedagtes, uit liefde van jou hart, tot My koester, dan het jy in geestelike opsig dieselfde gedoen as wanneer jy jou deur die lieftalligheid van `n vrou laat betower, haar omarm en dan op jou lewende manier omgang met haar het!

15. Op hierdie wyse word jou, nog stomme gedagte in jou liefde tot My dan as `n lewende vrug in die vrou verwek; en word die gedagte dan lewend uit die liefde opnuut gebore, dan sal hy eers vir jou in die lewende volheid van die ewige waarheid wees, wat hy vir jou eintlik oorspronklik sou moet wees, naamlik `n lewende Lig vanuit My!

16. Verstaan en begryp jou lewe op so `n manier, dan sal die wassing van jou tiende suil en die groot nag daaromheen jou nie meer bedruk nie!

17. Maar nou sê Ek aan julle almal: Bly steeds in die liefde en let goed op al My woorde wat ek tot julle gespreek het; dan sal Kenan se tiende suil in `n baie ander sin onthul word, as wat hy andersins deur julle ongehoorsaamheid onthul sou word!

18. Want My orde het baie weë, waarvan baie beter is as enkele ander! Dié oordeel is egter van almal steeds die laaste, omdat dit dan altyd om lewe of dood gaan: Behoed julle daarom teen elke oordeel!

19. Nou verlaat Ek julle weer sigbaar vir `n tyd, maar Ek bly in julle liefde tot My, tog voortdurend by julle! My seën vir julle almal, man en vrou! Amen.”

20. Hierop verdwyn die Heer met die ondergaande son. Alle aanwesiges val neer en ween, loof en prys die Vader gedurende die hele nag totdat dit die volgende dag lig geword en het hulle eers teen die môre huiswaarts begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205