`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 310

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die gesprek van die generaal met die gevangenes en hulle vrylating

(27 Junie 1844)

310 Eers na die volkome verwoesting van hierdie tempel, en die priesters en die ander tempeldienaars deur die terugkerende krygsmag voor die tent van Fungar-Hellan en sy gevolg gebring was, en die draers van die goud en silwer hulle buitgemaakte skatte van hierdie metaalblaaie aan die munters afgegee het, het die generaal die gevangenes aan `n streng verhoor en `n streng ondersoek onderwerp en het hy aan hulle gesê:

2. “Wie het hierdie tempel laat bou? Was dit nie ek nie? Maar as ek die bouer en die eienaar van die tempel is, het ek dan nie ook altyd die volste reg om daardie eiendom van my te laat vernietig, wanneer ek dit maar wil nie?!

3. En aangesien ek onweerlegbaar daardie reg het, vra ek aan julle: Waarom en op grond van welke aantoonbare reg het julle julle verset teenoor my verordening wat aan julle verkondig is, en my afgevaardigdes met klippe gegooi en daardeur tien mense gedood en sommiges meer of minder verwond het?”

4. Toe het die gevangenes gesê: “Heer, as ons u gesien het, dan het ons ook geglo dat `n sodanige bevel deur U mond uitgevaardig was; maar omdat ons u nie onder die stryders gesien het en ook U goed herkende stem nie verneem het nie, het ons gedink dat die noem van U naam slegs `n skandelike krygslis van die een of ander vreemde mag was, wat ons muitend en roofsugtig wou aanval het om die goud en silwer te roof, wat ons steeds vir u skatkamers vergaar het.

5. Ewemin kon ons in die nag sien of die kleding en die uitrusting uit Hanoch, of êrens anders vandaan gekom het. Daarom het ons dan ook na die klippe gegryp en het u eiendom so goed as wat ons kon verdedig! En ons is van mening dat ons ons nie strafbaar gemaak het nie, want `n getroue dienaar van sy heer sal tog eerder `n beloning, as een of ander straf werd wees!”

6. Toe Fungar-Hellan die uitgeslape uitvlug van die gevangenes gehoor het, het hy aan hulle gesê: “Goed; omdat julle dit uit trou aan my gedoen het, sal julle ook, in plaas van straf, `n beloning kry! Julle is nou vry; gaan weg van hier en handel drie dae lank na eie goeddunke! Kom na die tyd terug sodat ek julle saak dan kan bekragtig en aan julle `n nuwe amp gee!”

7. Daarop was hulle almal vrygelaat en mag gegaan het waarheen hulle wou; en hulle het hulleself, voorsien van die vrygeleide van die generaal, dadelik weer in die rigting van die gebergte begewe.

8. Maar Fungar-Hellan het dadelik die skerpsinnigste spioene agter hulle aangestuur om die vrygelatenes op al hulle weë en paaie in die oog te hou.

9. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205