`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 315

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vertrek van die leër na die sontempel, oorgawe en verwoesting van die tempel sonder bloedvergieting. Die inname en verwoesting van die vuurtempel en die tempel van die windgod

(4 Julie 1844)

315 Nadat hy die duisend boetelinge eers in die leër ingedeel het, het Fungar-Hellan die hele leër weer laat versamel en gereedgemaak om verder te trek.

2. Toe die hele leër, na verloop van `n dag en `n nag, weer saamgetrek en marsvaardig gemaak was, het Fungar-Hellan dit laat optrek na die sontempel, waarvan die verowering en die verwoesting niks gedenkwaardig gebied het nie, omdat die priesters hulle dadelik oorgegee het en selfs eiehandig aan die verwoesting van hierdie tempel saamgewerk het; hulle het net gevra om die groot hol spieël vir ander wetenskaplike doeleindes te gebruik, wat hulle gedurende die tien jaar leer ken het by die verrigtinge tydens die offerdiens. Fungar-Hellan het dit ook graag toegestaan, omdat hy self `n groot vriend van allerlei kunste en wetenskappe was.

3. Na `n verblyf van drie dae, wat die leër gebruik het om uit te rus en die generaal om munte te slaan van die buitgemaakte goud- en silwer, het die leër weer opgebreek en op bevel van die generaal na die tempel van die vuurgod gegaan. By die verowering en verwoesting daarvan het dit egter wel bietjie hardnekkiger daaraan toegegaan, omdat die aantal priesters baie toegeneem het en hulle hulleself wyd na alle kante versprei het; want in die omgewing van elke vuurspuwende berg was `n bytempel van daardie god opgerig, waar daar dan met feesdae allerhande kunsvuurwerke geproduseer was, in ruil vir ryk offers.

4. En so was daar vir die verwoesting van hierdie tempel, met al sy bytempels, `n langer tyd nodig en was daar op verskeie punte ook meer verskillende probleme as by die vorige tempel. In geheel het dit veertig dae geduur en het alles grotendeels sonder bloedvergieting verloop, tot op een enkele bytempel na, wat op `n steil rots gebou was en waarvan die priesters staat gemaak het op hulle stewige posisie en geen gehoor wou gee aan die uitnodiging om hulle oor te gee nie. Hierop was die groot rots aan alle kante ondermyn en opgeblaas, wat natuurlik al die hardnekkige priesters hulle ondergang gekos het.

5. Na die verwoesting van hierdie tempels en na die beëindiging van die slaan van die goue- en silwer munte, wat hier meer as tweemiljoen pond bedra het en waarvoor tweeduisend kamele voor nodig was om dit weg te bring, het die leër opgebreek na die tempel van die god van die winde. Hierdie god het dit egter vir Fungar-Hellan vinnig moeilik gemaak, voordat hy onderwerp kon word. Want ten eerste het die priesters die water van die meer deur geweldige sluise in sy vier aflope, steeds hoog gehou. As daar nou van die een of ander kant iets vyandelik genader het, dan was die sluise geopen, en `n geweldige watermassa het hom woedend oor die vyande uitgestort op elke moontlike toegang tot hierdie tempel. En ten tweede was hierdie priesters ook volledig op hoogte daarvan hoe hulle alles met elektrisiteit kon manipuleer en hoe hulle omgewing ontoeganklik gemaak kon word daarmee.

6. En so het Fungar-Hellan meer as `n halfjaar nodig gehad voordat hy in staat was om hierdie tempel te bemagtig.

7. Na die verwoesting van hierdie tempel, het die leër na die tempel van die watergod opgetrek. Oor die verowering van hierdie tempel hierna meer!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205