`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 316

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die mars van die leër na die watertempel. Die probleme by die inneem van die watertempel

(5 Julie 1844)

316 Toe die hele omvangryke leër, na `n mars van baie dae, die groot meer bereik het, het hulle aan die breë oewers en strande van die meer laer opgeslaan. In die middel daarvan was `n eiland waarop die tempel van die watergod gebou was.

2. Eers na `n rus van drie dae het Fungar-Hellan nadere bevele uitgedeel met betrekking tot die aanval op hierdie tempel en plek waarop die tempel gestaan het, wat so buitengewoon goed deur die natuur beveilig was.

3. Aanvanklik wou Fungar-Hellan die hele meer, met `n omtrek van baie myle, deur `n enkelvoudige linie van krygers laat omgewe het, maar die terreingesteldheid het baie spoedig onoorkombare probleme opgelewer, wat sy plan geheel en al onuitvoerbaar gemaak het. Want die meer het op sommige plekke in uitgestrekte steil rotswande geëindig, en op ander plekke het dit geëindig in onafsienbare ver uitgestrekte poele en moerasse.

4. Omdat so `n plan noodsaaklikerwys laat vaar moes word, was daar spoedig `n ander plan ontwerp, naamlik dat Fungar-Hellan in die verloop van ses weke, twintigduisend platboom vaartuie sou laat maak, waarvan elk maklik plek gebied het aan `n honderd man. Hierdie vlotte was van die mooiste seders gemaak, wat elk twaalf vadem lank was, sodat dan ook die hele vlot oral dieselfde lengte gehad het en daarby ook `n breedte besit het van ses vadem.

5. Toe hierdie vlotte klaar was en voorsien van die nodige roeispane, relings, banke, ysterstoomketels en voorraadkiste en ander klein opbergruimtes vir allerlei oorlogsmateriaal, was hulle beman en is die bevel gegee om die hele eiland te omgewe en streng daarop toe te sien dat geen mens die eiland verlaat nie, nóg dat iemand die eiland genader het.

6. As die beleëraars deur die beleërde eilandbewoners sou gevra word, wat dit sou beteken, dan moes hulle die wil van die generaal ronduit bekendmaak en sê: “As julle julle onvoorwaardelik aan die wil van die generaal onderwerp, dan sal julle sy vriende word; maar in die teenoorgestelde geval is julle sy grootste vyande, wat hy deur die swaard sal verdelg!”

7. Met dié instruksie het die vlotvaarders na die taamlike verafgeleë eiland gegaan en dit so volkome met hulle vlotte beleër, dat daar geen mens meer op of af kon gegaan het nie.

8. Die beleëring het nog geen dag geduur nie, of die priesters ervaar al wat daar aan die gang was. Hulle het daarom `n afvaardiging na die beleëraars gestuur en laat vra of hulle dadelik die wil van die groot Fungar-Hellan kon uitvoer, want anders kon die god van die water maklik vertoornd word.

9. Toe die beleëraars dit van die afgesante gehoor het, was hulle baie verheug en het dadelik tienduisend man na die eiland gevoer en het hulle aan land begewe. Maar toe hulle op die plek van die tempel aangekom het, het hulle geen spoor meer van `n tempel vind nie, maar wel oral lieflike landhuise waarin baie gewone boere gewoon het.

10. Toe die tienduisend met die deursoeking van die hele eiland klaar was, het hulle gesê: “Wat doen ons nou hier? Hier is niks te verwoes nie; laat ons daarom maar liewer terugkeer en alles aan die generaal meld!”

11. So gesê so gedaan; en toe Fungar-Hellan dit gehoor het, het hy hom baie daaroor verbaas en het nie geweet wat hy moes doen nie.

12. Hieronder die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205