`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 322

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die generaal roep die leër op om die verdedigingstellings in te neem. Die leër van die hooglanders ruk op. Die afvaardiging van die hooglanders voor Fungar-Hellan en hulle dood deur sy hand. Mahal se oorgang na die hooglanders. Die vreeslike slag. Vyfmiljoen stryders word nagenoeg heeltemal vernietig.

(15 Julie 1844)

322 Toe Fungar-Hellan homself van die spioene van die hooglanders oortuig het, het hy sy leër bevel gegee om hoofsaaklik te konsentreer op die oorgangsplekke tussen die verskillende afdelings en hulle oral slagvaardig te hou, waar ook maar die geringste aanval van die kant van die vyand gewaar word. In beginsel moes hulle nie as `n aanvalsleër nie, maar as `n verdedigende en beskermde mag opstel.

2. So het die bevel gelyk en was reeds binne een dag deur ylbodes aan die hele leër meegedeel; en hierdie tyd was baie knap afgemeet!

3. Want nouliks was die hele leër volgens die bevel van Fungar-Hellan opgestel, of daar het reeds `n groot aantal baie geoefende stryders van die hoogland verskyn. Allereers het hulle die vastigheid van die nuwe weg wat deur die lawines ontstaan het, ondersoek en toe hulle sien dat dit volkome stewig was, het hulle hierdie weg vol moed betree en so die teenoor hulle staande leër onverskrokke tegemoet gegaan, asof dit gladnie vir hulle bestaan het nie.

4. Hierdie dappere erns het Fungar-Hellan opgeval, daarom het hy `n ongeveer honderdduisend man sterk leëreenheid beveel om die vyandelike leër, ingeval dit hom meer as tien tree sou nader, aan te val en terug te slaan.

5. Maar die vyand het dit nie gedoen nie, maar het hulle op slingerwerpafstand ook dig teen mekaar opgestel en toe drie afgevaardigdes na die skitterende tent van die generaal gestuur en het hom laat vra wat die tien jaar gelede uitgevoerde loodreg afwerking van die berge in totaal gekos het.

6. Want dit wil hulle eie opperste generaal graag weet, omdat hy nou gekom het om die groot skuld aan die veldheer van Hanoch te betaal; want so `n enorme som geld en moeite, enkel en alleen ten koste van die bewoners van die hoogland, kon van hulle kant onmoontlik verniet verlang word nie!

7. En eers wanneer daardie skuld betaal sou wees, dan eers sou hulle die ooreengekome tiende van die afgelope tien jaar, wat op die hoogland self met koning Gurat en die destydse onderpriester Fungar-Hellan ooreengekom is, invorder.

8. Toe Fungar-Hellan hierdie satiriese vraag gehoor het, was hy baie verontwaardig en het gesê: “Ek self is Fungar-Hellan en ek is hier met `n mag van tweemiljoen baie uitgelese stryders! Ek is nou die eintlike gesag van geheel Hanoch, asook van sy onmeetlike ryk!

9. Wil julle julle vergryp aan hom, aan wie die ou Heer en God van hemel en aarde die plek presies aangetoon het waar julle vanuit julle kraaineste na die lande in die vlakte sou deurbreek, om hulle soos `n wolk sprinkane te vernietig?!”

10. Toe die afgevaardigdes daardie antwoord van die generaal verneem het, het hulle gepraat: “Jy gebruik wel magtige taal en kom met die ou, egte Godheid na ons toe aan; maar daarop moet ons jou ook sê wat presies dieselfde God deur `n profeet tot ons gespreek het!

11. Sien, in kort het Sy woorde as volg gelui: “As julle op die aangewese plek vir julle `n weg na die laagte gebaan het, soos wat Ek dit aan julle getoon het, dan sal julle die groot leër van Hanoch aantref; want Ek sal hulle deur die broer van Noag, wat hom, vanweë sy kinders, van My afgewend het, aldaar in julle hande uitlewer! Maar spaar die broer en sy kinders, want hulle sal Ek Self tugtig!”

12. Sien, so lui ons voorspelling! Maar as jy alle bloedvergieting wil vermy, gee jou dan nou goedwillig oor, want anders sal, behalwe die broer van Noag en sy kinders, geen mens hierdie woesteny lewend verlaat nie!”

13. Toe Fungar-Hellan dit gehoor het, het sy toorn ontbrand; hy het die drietal gegryp en hulle eiehandig gedood!

14. Toe het Mahal met sy gesin opgestaan en het, deur `n hoër mag gelei, vasbeslote na die vyande oorgeloop en die misdaad van Fungar-Hellan aan hulle meegedeel.

15. En dit was die teken vir `n veldslag wat nog nooit geëwenaar is nie; want van die leër van Hanoch het slegs eenduisend man oorgebly en van die ongeveer drie miljoen sterkte hooglanders slegs drieduisend-en-sewe man.

16. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205