`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 324

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die nuwe twee miljoen man tellende leër van die hooglanders. Mahal se waarskuwing teen `n veldtog teen die leër van Hanoch het sukses

(17 Julie 1844)

324 Maar ook die hooglanders het `n nuwe sterk leër van meer as twee miljoen man gevorm en het met hulle tien vorste beraadslaag hoe hulle Hanoch nog eens moes en wou tugtig.

2. Toe het Mahal gepraat, wat, tesame met sy familie, hoogs vriendelik deur die tien vorste opgeneem was:

3. “Vriende, julle getal is volgens noukeurige telling met byna drie miljoen verminder, en julle het nou voldoende ruimte in die groot bergland, wat vir julle almal in voldoende mate voedsel voortbring!

4. Laat Hanoch daarom met rus! Ek weet goed dat hy homself sal voorberei vir `n geweldige stryd teen julle en dat hy `n leër van meer as vier miljoen man sal byeenbring; maar laat dit julle geensins verontrus nie! Want as julle nie na hulle toe gaan nie, dan sal hulle dit wel vir alle tye van die tye agterweë laat om na julle toe te kom; want hulle is wel so verstandig dat hulle sal insien dat `n honderd man in die laagte, nie nie staan teen tien man op `n rots nie!

5. Daarom kan julle ook volkome veilig wees hier; want ten eerste sal die Hanochiete, al was hulle aantal hoe groot, dit nooit aandurf om tot hier deur te dring nie, en ten tweede kan hulle dit ook nie meer nie, want buiten die plekke waar julle die weg na benede gebaan het, is daar nêrens `n weg na bo moontlik nie, behalwe oor die heilige hoogte van my broer Noag! Maar dan sal die Hanochiete wel oral die weg na bo moet opgee; want in die woesteny van die slag, sal die pes hulle al baie ure deurgaans tegemoetkom en sal hulle almal baie beslis ombring. En so sal hierdie plek gedurende twintig jaar, nóg vir hulle, nóg vir julle begaanbaar wees!

6. Maar wat die heilige hoogte betref, waar my broer woon, dit staan onder die almagtige beskerming van God, en om teen Hom op te trek, sou vir die mense wel `n baie vergeefse moeite wees! Volg daarom hierdie raad op, en julle sal goed vaar daarby!”

7. Toe die tien vorste die raad verneem het, het hulle nagedink en gesê: “Jy het goed gepraat; maar dink jy dat die woede van Fungar-Hellan ons met rus sal laat? Of sal hy, wie se gees `n ontsettende ondernemingskrag besit, nie eerder alles doen om hom op duisend ander punte toegang aan ons te kry nie en miskien het hy al tot nou toe goed `n honderd gemaak?! En as hy in ons land inkom, wat gebeur daar dan met ons?!”

8. Toe het Mahal gesê: “Laat dit maar! Dadelik aan die begin het ek aan julle gesê wat my broer Noag gedoen het. Waarlik, voordat Fungar-Hellan met sy honderd aanvalstorings gereed sal wees, sal Noag met sy waterhuis gereed wees! En wanneer dit klaar is, dan sal Fungar-Hellan, nóg sy torings, nóg die berge iets baat; want dan sal die Heer uittrek in stryd teen die hele wêreld en sal Hy geen enkele skepsel spaar vanweë die groot boosheid van die mense nie!”

9. Na hierdie woorde van Mahal was die tien vorste baie nadenkend en het drie dae lank niks gesê nie; maar hulle het wel die raad opgevolg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205