`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 326

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Die vredesmissie na die tien vorste en Mahal

(19 Julie 1844)

326 Toe die toring op die belangrikste plek om na die hoogland op te klim, gebou was, en dit op so `n buitengewone manier, dat die trappe selfs heeltemal veilig en maklik deur kamele en esels betree kon word, het generaal Fungar-Hellan en koning Gurat spoedig `n baie welsprekende afvaardiging saamgestel en die na die hoogland gestuur om vir Mahal daar op te soek en hom terug te neem na Hanoch.

2. Binne enkele dae was die afvaardiging saamgestel en voorsien van wit klere, as teken van vrede, en vervolgens na die hoogland gestuur.

3. Na `n vyfdaagse reis op kamele (veertig uur per dag gereken, wat so `n dier maklik kan aflê), het die afgevaardigdes die hoogland bereik, waar hulle dadelik deur die wagters gearresteer en as gevangenes na die tien vorste gelei was.

4. As gevangenes by die tien vorste aangekom, het een van die tien aan hulle gevra wat hulle beweeg het om hulle ondergang op die hoogte te soek.

5. En die woordvoerder van die afvaardiging het gesê: “Verhewe, wyse leiers van julle volk! Geen enkele ook maar enigsins bose bedoeling het ons met groot onkoste hierheen gelei nie, maar slegs die beste en vreedsaamste voorneme was ons leier!

6. Julle het ons leër verslaan en as oorwinnaars die groot strydplek oorheers; daarom het julle ook die volste krygsreg om die oorwinnaarsbelasting van ons te eis!

7. Ons weet egter ook dat julle `n groot nederlaag gelei het en daarom miskien nouliks meer die moed sal hê om julle belasting van ons op te eis, omdat julle in julle groot wysheid kan oordeel en verseker aanneem dat ons nog `n gewapende mag van byna vyf miljoen soldate in reserwe het.

8. Daarom was ons deur ons koning hierheen gestuur om julle in sy naam te vra wat julle ten eerste as oorlogskatting van hom wil eis, om dit dan dadelik vir julle te gee; en ten tweede laat hy julle versoek om vrede en vriendskap ten behoewe waarvan hy nou honderd verbindingstorings gebou het, om vir eens en vir altyd die wedersydse verkeer met Hanoch vir julle te open!

9. Dit is die rede van ons sending wat in alle onderdele waar is, waarby ons weliswaar nog `n boodskap vir Mahal het, vir geval hy nog in die lewe mag wees en in julle midde!”

10. Toe die vorste dit van die afvaardiging verneem het, het hulle die afgevaardigdes gevra waarmee hulle die waarheid van hulle verklaring, sonder enige twyfel, kon bevestig!

11. En die afgevaardigdes het gesê: “As Mahal hom nog in julle midde bevind, roep hom dan hier na ons toe; hy sal julle `n getuienis oor ons gee!”

12. Toe die tien vorste dit verneem het, het hulle Mahal onmiddellik laat haal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205