`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 328

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Fungar-Hellan en Gurat in groot verleentheid. Die tweede afvaardiging na die tien vorste van die hoogland en die mislukking daarvan

(23 Julie 1844)

328 Toe die afgevaardigdes weer in Hanoch aangekom het en daar aan Gurat en Fungar-Hellan alle resultate van hulle sending meegedeel het, het beide heersers van Hanoch aanvanklik baie suur gelyk.

2. Maar Gurat het na `n rukkie aan die generaal gesê: “Ja, wat kan ons doen? Ons moet deur die suur appel heen byt en niks meer en niks minder nie! Daar is niks anders om te doen as om binne `n maand, eenhonderdduisend skepels mielies, eweveel koring en eweveel gars en vervolgens twintig duisend kamele, veertig duisend osse en twee honderd duisend skape ter beskikking te stel nie, anders is ons suiwer leuenaars ten aansien van die hooglanders!

3. Die vraag is net: Waar kan ons binne so `n kort tydjie die groot hoeveelheid van alles vandaan kry? Waarvandaan, waarvandaan, as ons nie teen ons eie volk `n reëlregte oorlog wil begin nie, ja `n klinkklare roofoorlog?!”

4. Fungar-Hellan het hom heftig agter die ore gekrap en gesê: “Vriend en broer, dit kom vir my voor dat ons ook verlore is! Ek is van mening dat ons Mahal op die hoogte moet laat sit en met die segeskatting mooi tuis moet bly!

5. As die hooglanders goud en silwer verlang het, dan sou ons hulle maklik `n tienvoud in ponde kon gelewer het, omdat ons immers soveel daarvan besit, dat geheel Hanoch daarmee bedek sou kon word; maar graan in hierdie tog al so maer jare, en soveel osse, kamele en skape, en dit in hierdie, soos reeds gesê, maer jare, dit is nie moontlik nie, en ineens glad nooit nie!

6. As die bewoners van die hoogland aan ons `n termyn van tien jaar sou gegee het, dan sou dit nog wel haalbaar gewees het; maar, vriend, binne `n maand, dit is die grootste onmoontlikheid in die wêreld!

7. Laat ons daarom nog `n afvaardiging na bo stuur om oor `n tienjarige betalingstermyn te onderhandel; as die tien vorste daarmee instem dan sal ons ook ons woord hou, so nie, moet hulle maar doen wat hulle wil!”

8. Gurat was dit met die voorstel eens. Daar word `n nuwe afvaardiging saamgestel en na die hoogte gestuur, maar helaas sonder resultaat, want die tien vorste het by hulle eis gebly en laat vir geen stuiwer met hulle onderhandel nie!

9. Wat verder, in die vervolg!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205