`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Henog se verklaring aan Hored, Lameg, Naëhme, Ada en Zilla, Jabal en Jubal. Die vertrek na Hanoch onder leiding van Henog.

(8 Mei 1843)

33 Na dertig dae het die Heer aan Henog laat weet dat Lameg in die laagte klaar was met die tweede tempel.

2. En Henog weet wat hy moes doen; hy het die twee vrouens van Lameg, Ada en Zilla, geroep, net soos Hored met sy vrou Naëhme.

3. En toe hulle almal in die huis van Henog aangekom het, wat nog steeds `n huis van Jared was, het die hoëpriester van die Heer die twee seuns, Jabal en Jubal voorgestel en aan hulle gesê:

4. “Luister na my in die Naam van die Heer en almagtige God en die allerheiligste, mees liefdevolle Vader! So is dit en so lui Sy allerheiligste wil, dat almal hulle vrywillig volgens Sy ewige heilige orde sal skik.

5. So moet julle julleself ook volgens alles voeg wat die Heer julle nou deur my mond laat sê en getrou laat verkondig het!

6. Dit is dit wat die Heer aan julle wil verkondig: Die opperpriester Lameg, wie nou deur die Heer in die laagvlakte van die aarde aangestel is oor die volk van die aarde, het julle nodig ooreenkomstig die wil van die Heer, omdat hy nou geheel uit vrye wil `n volkome dienaar van die Heer geword het, soos ek, deur die oneindige barmhartigheid en erbarming van die Heer.

7. Op die welbekende gereinigde slangeberg het hy die Heer vir die eerste keer gesien; op hierdie berg moes hy dan ook `n gedenkteken vir Hom oprig.

8. Dit het Lameg dan nou ook voltooi, en daarom sal ons nou weer na die vlakte afdaal en sal ons onsself daar, net soos hier, getrou voeg volgens die wil van die Heer!

9. Hou geen vrees meer vir Lameg in nie, wat nou `n leier is; want hy is soos ek in die Heer en sal julle met sy liefdevolle hart opneem en julle behou in sy groot barmhartigheid wat hy deur die Heer verkry het. Gaan dus met my in die Naam van die Heer op weg!

10. Jy, Hored, is weliswaar `n seun wat op die hoogte van die môre verwek is, maar nou sal jy met jou vrou na die vlakte trek en in die huis van Lameg sy steun wees in al sy sake, vol sorg vir die geestelike welsyn van die arme kinders van Kain deur die liefde van die Heer in jou!

11. Maar as jy die hoogte wil besoek, sal die dag en nag vry toeganklik vir jou wees; maar jy sal nooit hier blywend woon nie, omdat jy vir jou `n vrou uit die vlakte van die aarde geneem het en jy sodoende blywend daar tuishoort, en weldadig sal werk daar vanwaar jou vrou afkomstig is. Maar die krag van die kinders van God sal by jou bly tot aan die einde van jou aardse lewe!

12. Vra nie of die Heer ook in die vlakte net so by jou sal wees soos hier op die hoogte van die kinders van God nie.

13. Want as iemand die Heer in sy hart bo alles liefhet, is die Heer ook volledig by hom; maar as hy Hom nie sodanig liefhet nie, dan is die Heer ook ver van hom, ook al bevind hy hom nog duisend maal hoër as wat ons onsself nou hier bokant die vlakte bevind!

14. Dit is nou die rede waarom die Heer dit met jou wil doen, die res sal die Heer jou elke dag meedeel.

15. Julle, beide seuns, sal goeie aanwysings van julle vader kry oor wat julle in die toekoms te doen staan in die huis van julle vader.

16. Julle, vrouens van Lameg, moet weer so vir hom wees soos julle gewees het, maar nou nie meer met groot vrees in julle hart nie, maar met `n hart vol groot vreugde!

17. Jy Naëhme, moet hierdie nuwe man, aan jou deur die Heer Self gegee, trou bly en Thubal-Kain as niks meer as net as jou broer beskou nie!

18. Nou weet julle alles wat daar moet gebeur; gaan daarom onverwyld met my op pad!

19. Die slag sal jy, my kleinseun Lameg, egter ook met my saamgaan; maar jou vrou sal tuisbly by Jared en Metusalag!

20. Volg my dan ook soos wat julle nou hier is; en niemand van julle sal iets met hom saamneem nie! So wil die Heer dit hê. Amen.”

21. Hierop verlaat Henog die ouerhuis, het die hoogte en ook die vlakte geseën, net soos die weg daarheen en het toe met die geroepenes na die vlakte getrek.

22. En die geroepenes het hom gevolg soos lammers hulle herder.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205