`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 332

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Mahal by Noag. Mahal se verslag oor die toestand van die volkere in die laagte. Die verdriet van Noag en Mahal

(29 Julie 1844)

332 Binne tien dae het Mahal aangekom op die nog geheiligde hoogte by Noag, wat hom al `n ent tegemoet gekom het.

2. Toe beide die ou broers mekaar ontmoet, omarm hulle mekaar en het `n groot vreugde ondervind om mekaar weer te sien.

3. Noag het dadelik aan Mahal gevra hoe dit daar in die lande en ryke van die laagte lyk, of hulle hulleself wel tot die Heer bekeer het, of steeds meer na die wêreld.

4. En Mahal het gesê: “O broer, die totale goddeloosheid van alle volkere wat ek nou op my ver reis volkome leer ken het, is die eintlike rede dat ek nou al hier is!

5. Ek was nog steeds vervul met die beste verwagtings, dat ek deur God se barmhartigheid sou slaag om die volkere deur hulle konings en vorste vir God te win; maar tien dae gelede het die Heer my helder laat sien hoe dit met die mensdom op die aarde lyk. Hy het my ook duidelik laat besef dat daar met die mense, nóg deur wonders, nóg deur watter ander middele ookal, iets te bereik sal wees.

6. Want hulle is geheel en al na die wêreld gekeer, dat die gees volkome by almal ondergegaan het; en hoe moet `n mens die geestelike en goddelike in hom opneem as daar geen gees meer in die mens heers nie?!

7. As dit nou nog maar weinig mense betref het, dan kon mens nog wel gedink het dat dit moontlik was om hulle te bekeer; maar wat kan `n enkele mens aan so baie miljoene verstokte goddelose mense doen?!

8. Hulle luister jou wel vir `n tyd lank aan, maar baie spoedig keer hulle jou onverskillig die rug toe. As dit goed gaan, word mens hetsy uitgelag, en mense het selfs medelye met jou, soos met `n nar; maar gaan dit net bietjie minder goed, dan word mens afgeransel, opgesluit en ook om die lewe gebring! Want ek sê vir jou: In die laagte is `n menselewe net so min werd, as wat die lewe van `n muggie byvoorbeeld hier is!

9. O broer, ek huiwer wanneer ek oor die laagte nadink! Waarlik, in die hel, waarvan ons al lankal weet hoe dit daar gaan, gaan dit byna beter!”

10. Toe Noag hierdie afskildering van sy broer gehoor het, het hy diep gesug en gesê: “Dit is dus juis soos die Heer dit vir my in my gees getoon het! O wêreld, wêreld, waarom wil jy jou nie meer deur die sagmoedige gees van God laat bestraf nie, en wil jy liewer die oordeel en jou ewige ondergang tegemoetgaan?!”

11. Beide broers het nou swyend na die hoogste plek gegaan, waar Adam eens gewoon het, en het saam geween oor die aarde wat so heerlik geskape was.

12. En Mahal het baie spoedig die groot, byna voltooide waterkas (Ark) gesien en het hom baie verwonder oor hoe dit binne so `n kort tydjie, so ver gevorder het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205