`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 334

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

  Noag se verslag oor God se bouplan vir die ark. Mahal se droefheid omdat hy van die ark uitgesluit was

334 Toe Noag saam met sy broer Mahal en sy kinders, en met sy eie vrou en kinders die versterking geneem het, het hy aan Mahal gesê:

2. Wel broer Mahal, as jy dit wil hoor, sal ek God se bouplan vir hierdie groot ark aan jou meedeel!”

3. En Mahal het hom gevra om dit te doen en het gepraat: “Ja, my waardige broer, doen dit, ek vra jou nogmaals om daaruit af te lei wat my te doen sal staan!”

4. Toe Mahal dit gesê het, het Noag aan Mahal gesê: “Goed dan, luister! Maar ek vra jou om nie kwaad te word nie; want dit sou jou eie skuld wees as jy deur jou eie toorn verteer sou word!”

5. En Mahal verseker Noag plegtig dat hy nie kwaad sou word nie, ook al sou die Heer `n brandende doringstruik op sy naakte rug slinger!

6. Daarop het Noag gesê: “Luister dan; want so het die Heer God Sebaot tot my gespreek, toe ek die aanbevole hout volgens Sy opdrag gevel en vierkantig bewerk het:

7. “Noag! Maak `n kis van dennehout en maak kamers daarin, bestryk hulle van binne en van buite met pik; maak die kas as volg: Laat die lengte driehonderd el wees; die breedte vyftig el* en die hoogte dertig el. *(Een el was gelyk aan `n halwe vadem.)

8. Slegs één venster moet jy daarin plaas, en wel bo by die dak, en dit moet een el groot wees (sowel in die lengte as in die breedte, voorsien van `n deurtjie van planke om die venster goed te kan afsluit.)

9. Die toegangspoort moet jy in die middel aan die sykant van die ark plaas! Die ark self moet van onder na bo deur drie vloere in drie verdiepings verdeel wees, sodat die hele kas dan een onderin het, in die middel een en bo een, naamlik die derde vloer bo vir die mens en sy benodigdhede.”

10. En ek, Noag, het die Heer nader na Sy wil gevra, om te verneem waartoe hierdie kas dan sal dien.

11. En die Heer het nogmaals tot my gespreek: “Noag, sien, Ek wil `n magtige watervloed oor die sonde op aarde laat kom tot verderf van al die vlees onder die hemel waarin `n lewende asem is; en alles wat op aarde is, sal ondergaan!

12. Maar met jou wil Ek `n verbond sluit! Jy sal met jou seuns, jou vrou en met die vrouens van jou seuns in die kas gaan!

13. Daarna sal jy ook allerlei diere van alle vlees in die kas laat inkom; van elkeen soort `n manlike en `n vroulike, sodat hulle in die lewe kan bly by jou!

14. Van die voëls volgens hulle soort, van die vee op aarde volgens hulle soort, en van allerlei kruipende gediertes op aarde volgens hulle soort moet van elk een paar met jou in die ark gaan, sodat hulle in die lewe kan bly!

15. So moet jy ook allerlei spyse saamneem om te eet en dit moet jy in die korrekte maat versamel om jou en om die diere tot voedsel te dien!”

16. Ek het voor die Heer neergeval en het geween en gesmeek en gepraat: “Heer, hoe moet ek, swakke mens, dit alles alleen doen? Waar sal ek al die diere vang en waar sal ek die korrekte voer vir hulle vind? Waar moet ek die vleis vir alle vleiseters vandaan kry, en waar die gras vir al die groot graseters, en waar die aan my onbekende kos vir al die kruipende gediertes? Wanneer, o Heer, sal ek klaar wees met die groot ark?”

17. Toe het die Heer gesê: “Noag, wees nie besorg nie, maar gaan net aan die werk, en Ek sal jou so help, dat jy die swaarte van die werk nie sal voel nie!” 

18. En kyk broer, ek het dadelik aan die werk gegaan en alles het hom wonderbaarlik vanself gevoeg, en ek het met my weinige helpers ligte arbeid gehad. Die ark het vinnig van dag tot dag gegroei en is nou, tot op die vensterdeurtjie by die dak, voltooi! 

19. So was die bouplan dus, en so is die werk nou ook voltooi!” 

20. Toe Mahal dit gehoor het, het hy baie bedroef geword, want hy het nie verneem dat ook hy in die ark mag gaan nie.

21. Wat verder, in die vervolg!

(1 Augustus 1844)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205