`Huishouding van God - Boek 3
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 337

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375.

 

Noag open Mahal se oë oor sy eintlike fout. Die hoë dunk van eie regverdigheid as vernaamste wortel van hoogmoed. Mahal se uitdaging aan God. Die Heer verskyn

(5 Augustus 1844)

337 Baie spoedig volg Noag hulle na die volle hoogte en vind sy broer en sy mooi kinders, wat mekaar heeltemal van stryk aangekyk het; hy gaan na Mahal toe en het aan hom gesê:

2. “Luister na my, broer! Kyk, jy het God van `n sonde teenoor jou beskuldig, omdat jy gedink het dat jy die regverdigste man op die hele aarde was, en wel omdat jou gewete jou weliswaar moes gesê het dat jy nooit teen God gesondig het nie, deurdat jy altyd Sy gebod onverdeel streng in ag geneem het!

3. Maar kyk, juis hierdie groot suiwerheid van gewete, het `n seker gevoel van triomf in jou opgewek en daardeur groot tevredenheid met jouself, sodat jy jouself dikwels afgevra het: “Kan God Self van die ewigheid, suiwerder en regverdiger in Sy orde lewe as ek hier in my tyd?!”

4. En dan antwoord jou triomferende suiwerste gewete jou altyd: “Nee, God kan in Sy hoedanigheid as God nooit suiwerder gewees het, as wat ek is in my hoedanigheid as mens, ten aansien van God en dus ook van die mens!”

5. Sien broer, juis die triomf van geregtigheid is vir God die Heer egter nog minder aangenaam as een of ander wederregtelike handeling as sonde self; want dit is nou juis die wortel van die hoogmoed self, wat uit die mens moet verdwyn wanneer hy iets wil beteken in God se oë.

6. Maar nie slegs hierdie geregtigheidshoogmoed het jou in die oë van die Heer ongenaakbaar gemaak nie, maar Wysheid wat daaruit voortgekom het en as volg lui:

7. “Aangesien ek al so suiwer en regverdig is as wat God Self is, maar desondanks nie heilig mag wees nie, omdat die heiligheid van God onaantasbaar is, wil ek egter tog in die beperking van my mag en in my menslike hoedanigheid, beter handel as God Self.

8. Dat God in Sy handeling altyd eers onvolkome optree en eers na menige mislukking die een of ander volkomenheid teweegbring, leer ek van Sy hele skepping!

9. Want daar is op die hele aarde nêrens iets wat volkome en volmaak is nie! Geen ding is heeltemal sonder tekortkoming nie; die son self is nie volledig suiwer nie, en die maan is onvolkome in al sy verskynings en die Lig van die sterre is onvolkome!

10. Daarom wil en kan ek ook in my sfeer as mens deur elke handeling van my, vir God oortref, want ek wil elke handeling so uitvoer dat dit dadelik volmaak is, sonder dat daar agteraf enige verbetering nodig is!

11. En as die deur God onvolkome geskape materie nie `n kompleet voltooiing van `n werk toelaat nie, dan moet dit tog in my gedagte en my wil volmaak wees; maar wat daar, as gevolg van die deur God onvolkome geskape materie, aan my uitgevoerde werk onvolkomenheid blyk te wees, moet die Skepper die skuld op Homself neem!”

12. “Nou kyk, my broer! Op dié manier was die Heer in jou oë, al baie lank `n sondaar teenoor jou, en dit was die bose saad in jou wat nou tot `n luide, baie wrang vrug geword het! Want nou beskuldig jy God met `n luide stem van `n sonde teen jou!

13. Dink jy dat `n soortgelyke beskuldiging geen sonde is in God se oë nie?! Of dink jy dat God eers by jou moet gaan leer om `n volkome God te word?!”

14. “O broer, sien tog jou groot dwaling; erken dit as `n baie growwe sonde en betreur dit, dan sal die Heer nie die ark vir jou sluit ten tye van die oordeel en die nood nie!”

15. Mahal het egter gesê: “Broer, met jou het ek niks te bespreek en te besleg nie, want ek het met jou altyd as `n ware broer geleef en het jou heerskappy oor die stam ook maar nooit in die minste in gevaar gebring nie!”

16. “Ek het `n geskil met God! Hom daag ek by Sy heiligheid uit om oor my handeling `n twisgesprek te hê! Hy moet aantoon wanneer ek voor Sy Aangesig gesondig het!”

17. Toe het daar `n magtige storm ontstaan en die Heer het sigbaar op die volle hoogte voor Mahal en Noag verskyn.

18. Wat verder, in die vervolg!

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205